“Hier kry ons vlerke” is nie verniet die slagspreuk van Laerskool Menlopark nie.
Nuwe gesiggies het Woensdag met groot bravade die terrein volgestaan, om hulle nuwe juffrou te ontmoet.
Die ouers se emosies was self maar hoog om hulle kinders by die “groot” skool af te laai.
Sommige kinders het sussie of boetie se hand styf vasgeklou en ander was baie bly om by hulle nuwe skool te wees.
Sewe jaar van laerskool-lewe lê vir al dié kinders voor, ’n nuwe tydvak in hulle lewens.
Vyf onderwysers van Laerskool Menlopark het self ook hulle graad 1’s by die laerskool ingeskryf.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




