Voor van links is: Abby Hattingh, Paris Kinghorn, Amoré Jacobs, Aneska Grobbelaar en Milandré Swanepoel. Tweede ry: Aldie van Wyk, Ruan Vermeulen, Jayden Visagie, Milan Cloete, Nicole van Heyningen, Izak van Zyl, Dewald van der Schyff en Lauroché Myburgh. Derde ry: Brandon Richards, Erich Schultz, Marli Robertse, Ariesa Vosloo, Nadine de Beer, Wian Nothnagel, Siphokazi Mandonsela en Hanco van den Bosch. Agter: Juffrou Issie Rossouw.
Drie-en-veertig opgewonde graad 1 leerlinge het op Woensdag 11 Januarie hul skoolloopbaan by Laerskool Witpoort begin.
Die trane het maar vlak gesit, maar die twee bekwame juffrouens, Issie Rossouw en Marthinette Botha het ouers vinnig gerus gestel dat hul kinders in goeie hande is.
Die kinders kom uit die omliggende landbougebiede van Ystervark-, Elands-, en Bapsfontein; en die dorpsjapies vanaf Grootfontein en Moreletapark.
Laerskool Witpoort is baie opgewonde om die eerste tree van die leerlinge se skoolloopbaan saam met hulle te gee en is vol vertroue dat hulle nog groot spore gaan trap in hulle laerskoolloopbaan.
Gr. 1B leerlinge. Voor van links is: Emma Thomas, Laniques Mostert, Jandré Smith, Christelle Heunis, Elani Roets en Duard Stoltz saam met Juffrou Marthinette Botha en op haar skoot is Ruan van der Merwe. Middel: Zanike de Beer, Zurike Janse van Rensburg, Stiaan Jacobs, Ruben Wehmeyer, Adelynn Oosthuizen, Gizelle Viljoen en Shané Verster. Agter: Jeanette Buloze, Adanté Höll, Zeané Bekker, Roux de Toit, Ouinn Deetlefs, Josua Jansen, Katinka Becker en Ashley Lourens.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe: