Op 2 Desember verlede jaar het drie Laerskool Witpoort leerlinge aan die Nickelodeon Genius-kompetisie deelgeneem en die wenplek vir die Pretoria-streek verower.
Die kompetisie was ’n vasvra wat hul algemene kennis van wiskunde en wetenskap getoets het.
Die wengeld van R50 000 word gelykop verdeel tussen die spanlede in ’n Absa MegaU-bankrekening vir elkeen.
Die wenprys sluit ook boeke ter waarde van R10 000 wat deur Cambridge University Press aan Laerskool Witpoort geskenk word in.
Twee spanne van die Pretoria-streek het na die volgende ronde deurgedring wat aan die begin van Februarie gaan plaasvind.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
