NewsSchools

SKOOL: Menlo-atlete verower goud in Luanda

Menlo-atlete bewys dat harde oefening en toewyding vrugte afwerp.

Menlo-atlete bewys weer dat harde oefening en toewyding wel vrugte afwerp.

Marlie Viljoen, ’n graad 10-leerder aan Hoërskool Menlopark was in Desember 2016 deel van die SA-span wat aan die Afrika-unie se Streekspele in Luanda deelgeneem het.

Sy het altesaam drie goue medaljes en ’n silwermedalje by dié kompetisie gewen.

Sy het as oorwinnaar uit die stryd getree in die 200m met ’n tyd van 25,48 sekondes, was tweede in die 400m en was deel van die 4x400m aflos en 4x100m-aflos waar Suid-Afrika goue medaljes gewen het.

Renate van Tonder, ook ’n Menlo-atleet het haar stempel afgedruk en het goud in driesprong en verspring gewen. Sy was ook ’n lid van die 4×100-aflosspan wat goud gewen het.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button