’n Egpaar is Vrydag deur gewapende rowers in die noorde van Pretoria oorval.
Hulle is oënskynlik agtervolg na hulle geld by ’n bank getrek het.
Sherodeen Pretorius sê haar dogter en skoonseun is omstreeks 12:30 by Benco Machines in Klerksoord, Rosslyn oorweldig deur drie gewapende mans.
“My skoonseun en dogter was vroeër by die FNB-bank in die Kolonnade,” vertel Pretorius.
Lees ook: NUUSFLITS: Vrou doodgeskiet in kleinhoewe-aanval
Sy sê hulle het kontant getrek en is van daar af na die onderneming in Klerksoord.
“Hulle was by die ingang van Benco Machines, by die veiligheidshek, toe ’n voertuig agter hulle stilhou en drie mans uitspring,” sê Pretorius.
“Een van die mans het die veiligheidswag op die perseel aangeval. ’n Ander het my skoonseun in die kar oor die kop geslaan met sy vuurwapen. Die derde man het my dogter gedreig vir die geld.”
Lees ook: NUUSFLITS: Meisie (19) erg aangerand
Pretorius sê die rower wat haar skoonseun aangeval het, het die sleutels van sy motor gevat sodat hul nie verder kon ry nie.
“Die rowers het presies geweet hoeveel geld my kinders getrek het by die bank en hulle met die dood gedreig om die kontant te kry.”
Pretorius sê die rowers het met die geld, selfone en sleutels gevlug.
Polisie kon nie onmiddelik meer inligting gee oor die voorval nie.
Lees ook: NUUSFLITS: Gesteelde voertuie by kompleks gekry
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
