CrimeLocal newsNews

Onopgeloste moorde los familie moedeloos

“Ons as ‘n familie is al moedeloos. Elke keer as ons die polisie bel om te hoor wat aangaan word ons afgejak en gesê hulle wag vir forensiese uitslae.”

Twee onopgeloste moorde in die weste van Pretoria laat families moedeloos.

Dit is sowat drie maande kort van twee jaar sedert Marlien du Plessis (20) se lyk in ’n veld in Danville gekry is, en haar moord is nou nog nie opgelos nie.

“Ons as ’n familie is al moedeloos. Elke keer as ons die polisie bel om te hoor wat aangaan word ons afgejak en gesê hulle wag vir forensiese uitslae,” sê Du Plessis se ma, Denise Erasmus.

“Du Plessis se liggaam is op haar jongste dogter se verjaarsdag gekry. Dit is vir ons ’n moelike tyd om ons kleindogter (5) se verjaarsdag te vier terwyl ons weet dat sy nooit weer ’n gewone verjaarsdag sal hê nie.”

Erasmus sê twee verdagtes is al in hegtenis geneem, maar hulle het toe weer aansoek gedoen vir borg.

“Ons weet glad nie wat met die saak aangaan nie. Ons wil so graag afskeid neem, maar ons kan nie met my dogter se moordernaars wat nog vry is nie.”

Du Plessis se lyk was op 16 April 2015 in ’n veld in Danville gekry.

Erasmus sê haar lyk was agter ’n sand hoop gekry, toegedraai in ’n kombers met haar skoene netjies langs haar neergesit.

“My hart skeur uitmekaar om te weet dat my dogter se moordenaar nog steeds op vrye voet is,” sê Erasmus.

’n Tweede moord, is die van Jurie Hayes Junior.

Dit is al meer as ’n jaar sedert Hayes Jr by sy besigheid in Pretoria-Wes geskiet is en niemand is al in hegtenis geneem nie.

Hayes Sr het in Oktober verlede jaar aan Rekord vertel dat hy bereid is om ’n R200 000 beloning te betaal vir enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die mense wat betrokke was.

Hays Jr is by sy besigheid, Toyco Motor Spares in Soutterstraat doodgeskiet.

Volgens die polisie is hy tydens ’n rooftog in die rug geskiet. Hy was 40 jaar oud.

Enkele minute voor Hayes Jr se moord is die bestuurder van Pretoria Chicken and Meat die oggend vermoor toe hy op pad was om die naweek se geld van die slaghuis in die bank te deponeer.

Louis du Toit is geskiet toe hy by die slaghuis uitstap. Hy was 29 jaar oud.

Sy aanvaller het met die geldsak verdwyn.

Die moordsaak van Du Toit is vyf maande gelede by die hooggeregshof in Pretoria onttrek nadat die staatsgetuie vermoor is voordat hy kon getuig.

Kommentaar word van die Pretoria-Wes-polisiestasie verwag.

Luister:

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button