CrimeLocal newsNews

Herken jy hierdie kissie?

Die vrou vertel van 'n kissie wat die buurtwag opgetel het.

’n Bejaarde vrou van Meyerspark is Woensdag in haar tuin van agter aangeval.

Die vrou wat om veiligheidsredes nie genoem wil word nie, is steeds baie paniekerig na die vreemde aanval.

Sy was rondom 14:30 besig om haar tuin skoon te maak.

“Ek het die tuinvullissak neergesit toe ek ’n ander vreemde sak naby die hek opmerk,” sê sy.

Toe sy binne-in die wit plastieksak kyk, sien sy van haar man se staalpypies en ander staalprodukte daarin.

“My man is ’n nutsman,” sê sy.

Terwyl sy gebukkend gestaan en kyk het, het ’n vreemde man haar van agter af benader en bo-op haar rug gespring en so bo-oor die muur verdwyn.

Haar man was in die kombuis besig toe hy sy vrou se gille hoor.

“Sy was histeries. Die man was binne ons erf,” sê hy.

Daar word vermoed dat die man besig was om uit haar man se stoorkamer homself tot talle staalprodukte te help.

Hy het egter die sak agtergelaat toe hy agterkom dat hy nie alleen was nie.

“Binne minute was hier agt motors van die Meyerspark-buurtwag buite ons huis,” vertel die vrou.

Die dief is in die rigting van Watermeyerstraat agterna gesit.

Hy het egter weggekom en tussen die bosse in verdwyn.

Die vrou is nie ernstig beseer nie maar het wel kneusplekke op haar bene, omdat sy geval het toe die man op haar rug gespring het.

Sy het op haar bed gaan lê.

Haar man het haar kom vertel dat die buurtwag ’n houtkissie teruggebring het.

Die houtkissie se deksel is uit sy skroef gebreek.

Die buurtwag het die kissie in die straat opgetel nadat die dief daar verby is.

Die kissie behoort egter nie aan die egpaar nie en daar word vermoed dat die dief die kissie van elders gesteel het.

“Hy het dit laat val. Hy het seker gedink dat daar geld in is,” sê die vrou.

Die vrou maak die kissie oop en wys dat daar as in was.

“Dit is waarskynlik ’n doodskissie waarin iemand se as in was.”

Die egpaar sal graag die kissie wil terugbesorg aan sy eienaars.

Kontak Rekord by editorial@rekord.co.za indien jy enige inligting het.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button