NewsSchools

Hope hulp aan noord-skole

Twee skole het skryfbehoeftes ontvang vir minderbevoorregte leerlinge.

Hope skryfbehoeftes is verlede week by skole in nood in die noorde van Pretoria uitgedeel.

Met die begin van die skoolkwartaal het individue en instansies hulle harte oopgemaak vir kinders wat basiese skryfbehoeftes benodig.

Stigter van The Oak of Hope-projek, Marlize Kruger was te sien by Laerskool Voortrekker Eeufees waar sy skryfbehoeftes uitgedeel het.

“Ons het borge gekry, sommiges so ver as Kathu in die Noord-Kaap,” sê Kruger.

“’n Paar vriendinne en Facebook-vriende het ook bygedra om 90 kinders se harte bly te maak met nuwe skryfbehoeftes.”

Kruger sê hoewel The Oak of Hope-projek meesal daarop fokus om tienermeisies te help met produkte en baba-klere, baat skole by ander projekte vir behoeftiges.

Pretoria-Noord se Noordelike Aksie Groep (NAG) het verlede week ook items geskenk aan Laerskool Vissershoek in die de Wildt-omgewing.

“Die skool akkommodeer ’n hele paar behoeftige kinders,” sê Petro Oosthuizen van die NAG-groep.

“Ons loods projekte om geld in te samel om die knypende ekonomie hok te slaan.”

Oosthuizen sê die skole benodig nog bydraes vir hul ander projekte.

“ Enige bydraes kan ’n verskil maak in ’n kind se lewe. Ons daag ander uit om ook te help.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button