Local newsNews

Kampterrein skep opgewondenheid onder Pretorianers

Fliekgangers is gaande oor hierdie nuwe, skreeusnaakse Afrikaanse rolprent.

Die nuwe eietydse Afrikaanse familiekomedie Kampterrein is uiteindelik hier en fliekgangers het omtrent hul opgewondenheid Donderdagaand gewys.

Oud, jonk, kort en lank het die film se première by Nu Metro in Menlyn bygewoon om die sterre van die produksie te sien, asook om meer te leer oor die agtergrond van die snaakse, Afrikaanse projek.

Juanita de Villiers, Kaz McFadden en Zenande Mfenyana was van die flieksterre wat die geleentheid bygewoon het om die bekendstelling van Kampterrein te vier en om te deel in die aanhangers se opgewondenheid.

In die rolprent is jou tipiese vakansie-chaos, in ’n tipiese vakansie-oord vir families, aan die orde van die dag.

Wanneer Jan Fouché en sy gesin by die oord opdaag, sien hulle tot hul ontsteltenis dat die karavaanstaanplek waar hulle elke jaar staan, deur die Khumalo’s beset is.

Die onderonsie tussen die twee gesinne, terwyl hulle oor die staanplek onderhandel, is skreeusnaaks.

Die kampbestuurder probeer ondertussen voorbereidings doen vir die koms van ’n anonieme inspekteur, wat sal besluit of die vakansie-oord vir nog ’n ster kwalifiseer al dan nie.

Die arme bestuurder het baie hooi op sy vurk – ’n nutsman wat nie in staat is om enigiets reg te maak nie, ’n salon wat ’n bietjie meer as net masserings aan hul kliënte bied, ’n hondjie wat onwettig deur ’n aktrise ingesmokkel is en ’n sangeres wat opdaag om die oord se gaste te vermaak.

En dit begin lyk asof die bestuurder se droom om die gesogte ster te kry, weer aan skerwe gaan lê.

Kampterrein begin op 24 Maart landwyd in teaters wys.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button