NewsSchools

Zwarrie Netbal

Marichelle Visagie (o.15), Bernice Armstrong (o.15) en Simoné van Reenen (o.17), is al drie gekies om die provinsie gedurende die Junie-vakansie tydens die SA-kampioenskappe te gaan verteenwoordig.

Die volgende drie netbalspelers het uitsonderlik gevaar om vanjaar in die Gauteng provinsiale netbalspanne opgeneem te word.

Marichelle Visagie (o.15), Bernice Armstrong (o.15) en Simoné van Reenen (o.17), is al drie gekies om die provinsie gedurende die Junie-vakansie tydens die SA-kampioenskappe te gaan verteenwoordig.

Hoërskool Zwartkop is uitsonderlik trots op hierdie drie dogters.

Visagie en Armstrong speel in die skool se o.15A-netbalspan en Van Reenen in die o.19A-span waarvan beide spanne eerskomende naweek aan die Tshwane-uitspele gaan deelneem.

Zwartkop se o.17 A-span neem ook die naweek aan die Tshwane-uitspele deel.

Die o.14A-span tree as naaswenners van die Jubilee-liga uit die stryd en slaan die Tshwane-uitspele oor en kwalifiseer direk vir die Gauteng-kampioenskappe wat op 16 en 17 Junie plaasvind.

Hierdie o.14A-span het ons die afgelope seisoen baie trots gemaak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button