’n Verwaarlose hond wat opgetel is deur barmhartige Samaritane is veilig by ’n skuiling vir diere in die noorde van Pretoria.
Trixie, só genoem deur haar redders, word by Wollies-diereprojek in Hesteapark versorg.
LEES OOK: Nog drie honde weggegooi in Pretoria-Noord
Cilla Trexler, van Wollies-diereprojek, sê Trixie – ’n lieftallige windhond-kruising – is onlangs na Wollies gebring.
“Sy is in Soshanguve in die strate gevind en na ons toe gebring,” sê Trexler.
“Dit lyk my die hond se eienaars het haar ore afgesny. Sy is brandmaer, maar het die mooiste persoonlikheid.”
Trexler sê die skugter en bang optelhondjie het vinnig verander in ’n opgewonde troeteldier na sy by die Wollies-skuilings aangebring is.
“Sy hardloop, speel en is beslis gek na kinders,” sê Trexler.
“Ons is op die uitkyk vir ’n permanente tuiste vir Trixie.”
Trexler sê dieremishandeling, veral in die noorde van Pretoria, bly ’n probleem.
LEES OOK: Woede na wonde aan honde-kind se lyf
Daar word weekliks verlate en verwaarlose diere na Wollies-diereprojek gebring.
Trexler vra dat dieremishandeling dadelik aangemeld moet word.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
