CrimeNews

Verskeie misdade tref die Moot

’n Veiligheidsfirma in die Moot praat oor misdade wat Donderdag aangemeld is.

n Rits misdade het die Moot Donderdag getref, sê ‘n veiligheidsfirma.

Kilnerpark Sekuriteit-woordvoerder Ancelize van der Kooi sê boosdoeners is sommer vroeg in Waverley opgemerk.

“Ons beamptes, die polisie en inowners het patrollie gery toe hulle verdagtes sien wat oor en op mure en huise se dakke beweeg,” sê sy.

“Hulle is deur verskeie mense in Walterlaan en in Lawsonlaan gesien, maar niemand is gevang nie.”

LEES OOK: Dedicated reaction officer dies in Moot crash

Van der Kooi sê Donderdagaand is verskeie watermeters gesteel.

“Watermeters is gesteel in Chamfutistraat, Reinekestraat, Helgaardstraat en Collinslaan,” sê sy.

Van der Kooi sê ’n rooftog het ook Donderdag by ’n onderneming in Brooklyn plaasgevind.

Sy sê volgens inligting was meer as vier verdagtes vetrokke.

LEES OOK: NEWSFLASH: Thieves flee after stopped by Moot security

“Hulle het met twee verskillende voertuie gery.”

Daarby is ’n voertuig is gesteel sowel as ‘n hekmotor in Ben Swartstraat.

“Inwoners moet asseblief op die uitkyk wees vir die gesteelde voertuig – ’n geel Nissan-bakkie met die registrasienommer WDK 620 GP,” sê sy.

’n Handsak is ook Donderdag uit ’n voertuig gesteel.

LEES OOK: Security company extends hand to victims of abuse

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button