NewsSchools

Laerskool Anton van Wouw wen ATKV applous-kompetisie landswyd

Die beste juniorkore is bekendgemaak en van 47 kore landswyd is Laerskool Anton van Wouw aangewys as die nommer een koor landswyd!

Die Anton van Wouw-juniorkoor het vandeesmaand in twee groot kompetisies vir juniorkore in die streek skoonskip gemaak.

Hulle het onlangs in die ATKV Applous-kompetisie by die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria as algehele wenners en met ’n goue toekenning in die juniorafdeling weggestap.

Die junior Wouwtjiekoor, soos hulle bekend staan, is onder die leiding van twee staatmakers in die musiekwêreld dr. Riekie van Aswegen as dirigent en Betsie Schaap as begeleier.

Die Applous-koorkompetisie is vanjaar reeds 40 jaar oud en dis maar die eerste keer wat die Wouwtjiekoor aan hierdie kompetisie deelneem.

Die beste juniorkore is bekendgemaak en van 47 kore landswyd is Laerskool Anton van Wouw aangewys as die nommer een koor landswyd!

Die Juniorkoor het ook aan die ATKV-lentekompetisie deelgeneem en die ongelooflike persentasie van 99 persent behaal.

Laerskool Anton van Wouw se juniorkoor was ook die gehoor se gunsteling.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button