’n Weermaglid het Donderdag in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn op ’n aanklag dat hy ’n vrou geskiet het,
Jacob Marakalla was vir die eerste keer in die hof te sien na die skietvoorval op 10 Augustus waarin Carine van Staden (28) ernstig gewond is.
Marakalla word aangekla van poging tot moord.
Die verhoor is uitgestel tot 8 November en is oorgeplaas na die streekshof.
LEES OOK: OPVOLG: Nog ’n terugslag vir Noord-vrou na militêre man haar skiet
Carine het vroeër aan Rekord beskryf hoe sy trompop in die bors geskiet is ten aanskoue van haar verloofde.
Haar pa, Johan, sê hy is ongelukkig oor wat hy as ’n gesloer bestempel in die saak.
“My dogter kon dood gewees het.”
Marakalla is aanvanklik aangekla van die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar. Die klag is later verander na ’n poging tot moord.
Hy is nooit in hegtenis geneem nie.
Carine sou Donderdag nog ’n operasie ondergaan het om haar gewonde long te herstel.
LEES OOK: NUUSFLITS: Pta vrou (28) geskiet deur militêre man
Johan sê dié operasie word uitgestel terwyl Carine tuis aansterk.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
