Local newsNews

Amper tyd vir skoonheidskompetisie in Eersterust

Die kompetisie beoog om as ’n opheffing- en bemagtigingsprojek vir die jong meisies van hierdie arm gemeenskap te dien.

Die eindstryde vir Mej Eersterust skop op 14 Oktober by die Eersterust burgerlike sentrum af.

Mej Eersterust is dié woonbuurt se eerste skoonheidskompetisie.

Dié 10-weeklange skoonheidskompetisie dien as ’n opheffing- en bemagtigingsprojek vir die jong meisies van hierdie arm gemeenskap, sê organiseerder Leanne Haas.

“Ons het eerste ’n gesond-en-fiksheidsdag gehad, om die meisies te leer van deursettingsvermoë sowel as die noodsaaklikheid van om na hul liggame en gesondheid te kyk,” sê sy.

“Verder het ons ook ’n pretdag gehad om die kinders ’n geleentheid te gee om net kinders te wees.”

Sy sê 10 “tannies” by die Eersterust Welfare Organisation for the Aged is deur van die meisies bederf.

LEES OOK: Moot-inwoner verteenwoordig SA in kompetisie

“Hierdeur is hulle geleer van nederigheid en om vir jou medemens iets te doen sonder om iets terug te verwag,” sê sy.

Die meisies is ook op ’n museumtoer by Sammy Marks geneem en het ’n professionele fotosessie gedoen.

“Dit gaan alles oor die bemagtiging van ons jong meisies en die skep van herinneringe wat ’n leeftyd sal hou,” sê sy.

“Dit is tyd dat daar teruggegee word aan die gemeenskap. Dit is hoekom ek dit doen. Meisies moet besef skoonheid kom van binne.”

Haas sê dié skoonheidskompetisie sal heeltemal anders wees.

LEES OOK: Skool groet hoof by Mnr en Mej Woerie 2017

“Die meisies sal nie op hul voorkoms beoordeel word nie,” vertel sy.

“Hulle sal beoordeel word op hoe hulle hulself voorgee en hoe hulle vrae beantwoord.”

Die kompetisie begin om 18:00.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button