
Hoërskool Zwartkop het as wenners uitgetree tydens die Pretoria Eisteddfod kompetisie vir hul toneelstuk Hospitaal 224. Na verskeie ander toekennings dring hulle nou deur na die ATKV tiener toneelfees finaal in Kaapstad.
Die toneelstuk is geskryf deur Marista van Eeden wat by die skool gematrikuleer het in 2014.
Sy neem al sedert 2013 deel aan Hoërskool Zwartkop se toneelstukke.
Sy is tans besig met haar BA-graad in “Motion Picture Medium” by AFDA in Johannesburg, waar sy in filmregie en skryfwerk spesialiseer.
Hospitaal 224 het ook die prys vir beste nuutgeskrewe teks by die Reza de Wet-fees ontvang.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
