CrimeNews

Pit bull in die weste ’n held

WAARSKUWING GRAFIESE INHOUD: “Ons honde-kinders kom sê altyd hello, maar Lara het net in haar hok bly lê.”

’n Gesin wes van Pretoria het hul pit bullterrier tot held van die huishouding verklaar nadat die dier wreed deur misdadigers toegetakel is.

Die eienaar van die hond Lara, Jean Du Venage, sê die dier is eers gif toegedien wat sy net-net oorleef het. ’n Paar dae later, het inbrekers haar met ’n mes en ’n skroewedraaier bygedam by die gesin se huis in Booysens.

“Toe ons verlede Maandag tuiskom, het ons dadelik gesien daar is fout. Lara het duidelike tekens van vergiftiging gewys,” vertel Du Venage.

“Ek help by ’n dierekliniek en het gelukkig die nodige medikasie byderhand gehad. Ons kon haar lewe red.”

LEES OOK: Pitbull Show at Toutrek Park

Die aanval op Lara was drie dae later.

Toe my vrou en ons dogter kort na mekeer tuiskom, het Lara nie soos gebruiklik kom groet nie. Sy was inderwaarheid nêrens te sien nie,” vertel Du Venage.

Toe hulle ondersoek instel, het hulle op ’n grusame toneel in haar hok afgekom

“Lara is 30 keer deur inbrekers regoor haar lyf met ’n mes en skroewedraaier gesteek,” sê Du Vengage.

 

“Toe ek by die huis kom, het ons dadelik die poilisie geskakel. Ons het vasgestel dat iemand probeer inbreek het.”

Du Venage sê daar was bloed aan die diefwering waar die poging tot ’n inbraak was.

“Die inbrekers is seker dieselfde mense wat haar drie dae voor die tyd vergiftig het. Hulle het duidelik gedink sy is dood,” sê hy.

“Lara het haar huishouding met haar lewe beskerm al was ons nie by die huis nie. Haar Yorkshire terriër-sussie het geen beserings gehad nie.”

LEES OOK: The problem is the owner, not the dog says pit bull federation

Du Venhage sê Lara sterk goed aan.

Jeanette Erasmus van die Pit Bull-Federasie van Suid-Afrika sê Du Venage is deel van die federasie en sy honde neem gereeld aan vertonings deel.

“Ek ken Lara baie goed en sy was nooit mens-aggressief nie,” sê sy.

Die polisie kon nie bereik word vir kommentaar nie.

LEES OOK: INFOGRAPHIC: Pitbulls maul three children in the west 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookInstagram en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button