CrimeNews

VIDEO: Nuwe konsep om misdaad te beveg in die Moot

“Hierdie kameras sal ’n verdagte voertuig optel, wat dalk voorheen op die stelsel geplaas is, en dan seine na al die betrokke partye stuur.”

’n Nuwe opwindende konsep om misdaad te beveg in die Moot het verlede week die lig gesien.

Klaas van der Kooi van Kilnerpark Sekuriteit sê hierdie konsep behels dat verskeie herkenningskameras regoor die gebied opgerig sal word.

“Hierdie kameras sal ’n verdagte voertuig optel, wat dalk voorheen op die stelsel geplaas is, en dan seine na al die betrokke partye stuur,” vertel hy.

Hy sê daar is alreeds ’n paar kameras opgerig om die idee te toets.

LEES OOK: Security company extends hand to victims of abuse

“Die idee is om hierdie kameras by alle ingang- en uitgang-roetes, soos Stormvoël, in die gebied te plaas. Dit is meeste van die tyd waar die kriminele in- en weer uitgaan,” sê hy.

“Die kameras sal ook beide die Pretoria-Moot en Villiera-polisiëringgebiede dek.”

Van der Kooi sê dié projek was ’n gesamentlike idee tussen Moot-gemeenskapsinitiatief, Pretoria-Moot, Villieria- polisie en Moot Crime Stop.

“Sou die kamera ’n verdagte voertuig optel, sal hy deur ons almal gesirkuleer word. Dit is ’n baie eenvoudig en maklike manier om bewusmaking te skep,” sê hy.

Van der Kooi sê seine sal nie net na die polisie en ander betrokke organisasies gaan nie, maar ook na die Hawks en Crime Intelligence-eenhede.

Hy sê die konsep vir hierdie projek is gebaseer op ’n soortgelyke projek in Kaapstad.

“Ek ken nie die presiese syfers nie, maar daar was nog net goeie en suksesstories oor hierdie konsep vertel,” sê hy.

Van der Kooi sê hulle het die projek vir twee redes begin.

“Die eerste rede is om pro-aktief te wees – die kameras sien die kar,” sê hy.

“Die tweede rede is om reaktief te wees – ons kan identifiseer watse kar dit is.”

Van der Kooi sê dat alhoewel hulle vreeslik opgewonde is om die projek te loods, is dit nogsteeds baie duur.

Hy sê enige donasies vanaf die gemeenskap is welkom.

Kaptein Coba Brits van die Villieria-polisiekantoor sê sy is ook opgewonde oor die projek.

“Dit is tyd dat ons begin saamstaan teen misdaad. Ek weet sommer hierdie sal ’n groot verskil maak,” sê sy

Rekord het in Mei vanjaar berig dat ’n soortgelyke projek ook in die pyplyn was vir Centurion-inwoners.

LEES OOK: NEWSFLASH: Thieves flee after stopped by Moot security

Ann Geyer, wat met die idee vir projek vorendag gekom het, het gesê wat die projek interessant maak, is dat die tegnologie wat gebruik sal word, verdagte gedrag kan opspoor en die operasionele beheersentrum kan laat weet.

“Ek het die idee sedert 2007 gehad, maar het nooit ’n plan van aksie uitgevoer nie,” het sy vertel.

“Die sekuriteitskamera-projek sal ’n sleutelrol speel in misdaadvoorkoming.”

Vir meer inligting oor die projek, kan inwoners Kilnerpark Sekuriteit skakel.

https://youtu.be/dBG-SR0bno4 (video with crime tips)

OR

https://soundcloud.com/user-213189281/misdaad-bekamping (audio explaining about the project)

sl/jo

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button