CrimeNews

VIDEO: Boer se hartroerende pleit na plaasmoord raak duisende

'n Onstellende video is te sien op sosiale media waarin 'n boer praat oor sy hartseer na die 68e plaasmoord vanjaar.

’n Video teen plaasmoorde deur ’n emosionele boer is Woensdag wyd versprei.

Daarin daag hy Suid Afrikaners uit om Maandag swart klere te dra ter herdenking van 68 plaasmoorde tot dusver vanjaar.

“’n Ou voel so magteloos en jy voel jy wil graag iets doen vir die land se boere,” sê die boer.

Die hartroerende boodskap kom nadat die 47-jarige Joubert Conradie Dinsdagoggend op ’n plaas in die Klapmuts-omgewing tussen Stellenbosch en die Paarl, vermoor is.

Die boer in die video sê nie wie hy is nie, maar dui wel aan dat hy Conradie geken het.

Afriforum sê intussen hy het ’n “burgerlike mosie van wantroue” in Fikile Mbalula, die Minister van Polisie ingestel het.

Hy sê mense kan hierdie mosie van wantroue ondersteun deur die webblad www.stopdiemoorde.co.za te besoek.

“Oor die afgelope vyf dae het 10 plaasaanvalle in Suid-Afrika plaasgevind, wat tot die dood van twee persone gelei het,” sê Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum.

“Sedert 1 Januarie 2017 is minstens 340 plaasaanvalle reeds uitgevoer, waartydens 68 mense vermoor is.”

Dit beteken dat tot dusver vanjaar reeds meer plaasmoorde gepleeg is as die totale aantal moorde verlede jaar.

Kyle Stols, ’n 22-jarige voorman op ’n wildsplaas in Jagersfontein, is Sondag ook in ’n plaasaanval vermoor.

Gawie Stols, Kyle se broer, het ’n nuuskonferensie van AfriForum Woensdag in Centurion bygewoon om te vertel hoe die familie en gemeenskap deur die moord geraak is.

Afriforum het die jongste moordsyfers by dieselfde konferensie verstrek.

Kyk na die boer se emosionele boodskap aan Suid Afrikaners:

Gawie Stols, broer van Kyle Stols praat met Solidariteit:

Don’t forget to email us your news tips, complaints or compliments to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button