AfriForum se Hennopsrivier-buurtwag het verlede week ’n misdadiger met die gebruik van hul nuwe veiligheidstoerusting vasgetrek.
In ’n verklaring uitgereik deur die burgerregte organisasie, word vermeld dat seinkameras op strategiese plekke in die gebied gemonteer is.
Die kameras stuur waarskuwings sodra dit beweging bespeur.
Die kamerastelsel het ’n kennisgewing na die buurtwag gestuur toe dit ’n oortreder op ’n plot in die gebied opgemerk het.
LEES OOK: Afriforum vows to pursue Mugabe
Die buurtwag het spoedig gereageer en die verdagte gevang, waarna hy deur die polisie in hegtenis geneem is.
“Die tegnologie wat ons tot ons beskikking het, help ons om misdaad doeltreffend te beveg,” sê Izak Pieters, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Hennopsrivier-tak.
Die organisasie se distrikskoördineer in Gauteng-Noord, Lambert de Klerk sê dit is belangrik dat ’n buurtwag elke moontlike middel tot hul beskikking gebruik om misdaad te bekamp.
LEES OOK: Afriforum vows to pursue Mugabe
“Toerusting soos hierdie is daarom kardinaal tot die voorkoming en bevegting van misdaad. Ons sal ook voortdurend nuwe projekte in samewerking met die polisie aanpak om misdaad in ons dorpe hok te slaan,” sê De Klerk.
Hy het ook ’n beroep op die verskeie gemeenskappe in die Tshwane metro gedoen om by die plaaslike takke betrokke te raak en aktief deel te neem aan die aktiwiteite van die buurtwagte.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
