GalleriesNewsSchoolsSchools galleries

SKOOL: HS Centurion eerste span hokkiedogters is ligawenners!

Hoërskool Centurion is voorwaar opreg trots op hul eerste span hokkiedogters en hul besondere prestasie!

Vanjaar was ’n fenomenale hokkieseisoen.

Die eerste span hokkiedogters het deur die seisoen uitstekend vertoon en kon afsluit as die nommer een span in die G2-liga.

Dié dogters het bewys dat hulle met passie, volgehoue harde werk en groot deursettingsvermoë, hulle doel kon bereik.

Hierdie span het deur die seisoen geen wedstryd verloor nie en bevestig die gesonde karakter van die span.

Hulle is die nommer een span, afgesien van die gelykoptelling van 2-elk teen Zwartkop.

Volgende op die agenda is die Noordvaal uitspele op 16 Junie, teen G1-spanne.

Hoërskool Centurion is voorwaar opreg trots op hul eerste span hokkiedogters en hul besondere prestasie!

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button