Local newsNews

Affies-leerling speel nou vir God saksofoon

“Vlieg bo die wolke Ian, vlieg.”

Daar was ’n doodse stilte in die propvol skoolsaal van Afrikaanse Seuns Hoërskool op 26 Julie toe familie, vriende en leerlinge Ian Visser groet.

Ian het aan die begin van die week selfdood gepleeg.

Die gedenkdiens is deur ds. Chris Swart behartig wat uit 1 Korintiërs 15:55 gelees het.

Die Affies Jazz band sowel as die skoolkoor het by die gedenkdiens opgetree om hulde aan Ian te bring.

Na die skriflesing het Ian se pa, Andre, die bedankings behartig. Andre het die skool, hul vriende en familie vir hulle ondersteuning in die moeilike tyd bedank.

Vriende en familie het vandag vir Ian Visser gegroet.

LEES MEER: OPVOLG: Affies skoolseun word Vrydag gegroet

“Aan my pragtige vrou en Leandrè, dankie vir julle ondersteuning.”

’n Spesiale boodskap vir Ian is deur Nicole van der Walt gelees wat Ian as haar beste eerste liefde beskryf het.

“Ian het eendag aan my gesê, as hy eendag doodgaan sal dit die grootste partytjie wees, selfs Justin Bieber sal daarvan weet. Ek het vir Justin ’n boodskap gestuur om hom te laat weet,” het Nicole vertel.

Met trane in die oë het die skool saam gelag.

“Daar was ’n oorlog binne jou en jy was jou grootste vyand. Rus in vrede het jy in die einde bekom,” het Nicole gesê.

Volgende aan die woord was Ina, Ian se ma.

Sy het haar huldeblyk emosioneel geopen deur om die graad 8-leerling, wie Ian die jaar moes ontgroen, na vore te roep en hom omhels.

“Wimpie moes my elke aand tydens ontgroening bel en nagsê,” het sy hartverskeurend vertel.

Ina het Ian as haar arendskind beskryf wat nou vir God die saksofoon speel.

Sy het gesê dat Ian in die laaste jaar ’n siekte, depressie, ontwikkel het en dat op die tragiese dag van sy dood het depressie die sneller getrek.

“Vlieg bo die wolke Ian, vlieg.”

Die Affies-koor het die gedenkdiens afgesluit voordat ds. Swart die geloofsbelydenis by die lykswa opgesê het.

LEES MEER: Kerse brand na Affies seun se dood

 

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button