Local newsNews

Moot digter skryf sterk vir drie jaar

Renzia Scholtz sê sy het begin skryf omdat sy nog altyd lief was vir die taal en digkuns as uitdrukking van emosie.

’n Digter van die Moot sê sy hou daarvan om te skryf omdat dit ’n goeie uitdrukking van emosie is.

Renzia Scholtz van Queenswood sê sy skryf amptelik al vir ongeveer drie jaar.

Sy sê sy het begin skryf omdat sy nog altyd lief was vir die taal en digkuns.

“Dis net iets wat mens binne in jou voel, jou gedagtes en emosies, wat ’n uitlaatklep nodig het,” sê sy.

Daar is sowat sewe van Scholtz se gedigte in vyf verskillende saamspanbundels gepubliseer deur Kreativ SA en Malherbe Uitgewers.

ALSO READ: UPDATE: Moot-fietsryer (77) het al 650km getrap vir die Voortrekkers

Sy sê as dit kom by die keuse van ’n tema vir haar gedigte, is daar nie regtig een nie.

“Meeste van my gedigte is gebaseer op ’n ervaring of gedagte,” sê sy.

“Selfs iets in die natuur wat mens inspireer.”

Scholtz sê sy is nie op die oomblik besig om te werk aan ’n gedig nie.

“Ek skryf maar deeltyds soos was die inspirasie opduik,” sê sy.

Sy sê dit was belangrik om te lees.

ALSO READ: UPDATE: Accident witnesses asked to come forward

“Lees kan verskeie voordele inhou – dit vat mens op ’n reis, gee ervaring en ’n beskrywing van iets,” sê sy.

“Dit vat mens na plekke en situasies wat mens nie noodwendig self sal kan beleef nie, maar tog ervaar asof jy self daar is.”

Scholtz sê lees is nie net akademies nie, maar ook ’n persoonlike en sielsverrykende manier om kennis en ervaring op te kan doen.

’n Skenk-’n-boek-veldtog is onlangs deur Rekord van stapel gestuur in samewerking met SPAR en die Suid-Afrikaanse nasionale boekontwikkelingsraad.

Die veldtog, geïnspireer deur die 10de bestaansjaar van die nasionale boekeweek, is daarop gemik om boekwurms van regoor die stad (groot en klein) aan te moedig om ongebruikte of ongewenste boeke te skenk.

Alle versamelde boeke sal aan kinders in skole in Mamelodi en Olievenhoutbosch oorhandig word.

Boeke kan tot 30 Augustus by jou plaaslike SPAR in die ooste van Pretoria, Moot en Centurion afgelaai word.

Kyk uit vir die aangewese houers of trollies.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button