Virseker Beker-kampioene
Hoërskool Zwartkop se rugby het die afgelope naweek geskiedenis gemaak tydens die Virseker Beker-finaal.
Hoërskool Zwartkop se rugby het die afgelope naweek geskiedenis gemaak tydens die Virseker Beker-finaal van die plaat-afdeing by Hoërskool Marais Viljoen in Alberton.
Beide Zwartkop se o.15- en o.16A-spanne het tot die finaal deurgedring. Zwartkop is die enigste skool waarvan twee spanne dit kon regkry.
Die o.15A-span het spiere gebult teen Hoërskool Marais Viljoen en moes hard veg vir die oorwinning. Nietemin het hierdie span as kampioene uit die stryd getree met ’n eindtelling van 17 – 8. Die “Willehonne” (soos hulle ook bekend staan) hou nou met trots die Virseker Beker-trofee omhoog.
Die o.16A-span het ook ’n tawwe wedstryd gespeel en het helaas die knie gebuig teen Hoërskool Nelspruit met ’n teling van 20 – 7.
Hierdie spanne se sukses regdeur die seisoen word deur die afrigters toegeskryf aan harde werk en inkoop van die spelers aan die “spanfilosofie”: strewe aan kwaliteit. Seuns wat daarna streef om kampioene te wees, nie net op die rugbyveld nie maar ook in hul persoonlike lewens.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram