Local newsNews

Hugo het toe nie die polisie gebel nie

“Dit is absurd dat die video so ’n groot storie geword het. Hugo sê die dat die video so viraal gegaan het, is die toppunt van kommin.”

Almal wil weet of Hugo die polisie gebel het, nadat ’n video van ’n bekgeveg in die inrit van ’n huis in Pretoria-Noord soos ’n veldbrand oor sosiale media versprei het.

Die video van die geveg is deur Martie van Dyk, Hugo se vrou opgeneem nadat die huurders oorkant die pad vir die hoeveelste keer in ’n bakleiery in die straat beland het.

“Dit is al ou nuus,” het Marthie aan Rekord gesê.

Marthie sê die video is al meer as ’n jaar en ’n paar maande gelede gemaak.

Sy sê sy onthou dit want Hugo was kort voor die insident siek in die hospitaal opgeneem.

Inwoners in die straat sê sedertdien die video so wydversprei het oor sosiale media is daar baie mense wat op en af die straat jaag en skree “Hugo bel die polisie”.

Marthie vertel in die jongste voorval het ’n polisiemotor by hul huis kom stilhou en die liedjie wat Jak de Priester geskryf het, “Hugo bel die polisie” deur hul luidsprekers gespeel het.

Marthie sê sy is nie iemand wat gewoonlik by huishoudelike geweld betrokke raak nie.

“Dit is nie wie ek is nie. Enigiemand wat my ken weet ek was so histeries oor die kind,” verduidelik Marthie oor haar reaksie toe sy die video opgeneem het.

“Maar daar was kinders teenwoordig. My werk is om kinders op te bou, ek werk elke dag met kinders. My roeping is om kinders te help.”

“Ja, die mense het gereeld baklei. Op daardie stadium was die bakleiery ’n groot probleem vir ons.”

Marthie sê die mense het nie net oor naweke baklei nie en sy het die video opgeneem om die video aan die agent wat die woonstel verhuur aan te stuur.

Op die dag wat die video gemaak is, het die mense wat in die video te sien is ’n kind by die huurders kom optel.

Daar ’n bakleiery ontstaan en die mense het gery.

“Ons het aanvanklik gedink dit was die einde van die bakleiery.”

Minute later het hulle teruggekom en ’n tweede bakleiery het ontstaan. Dit is toe dat Marthie haar selfoon vat en ’n video maak in die hoop dat die grootmense sal ophou baklei voor die kinders.

Dit is juis hoekom sy histeries in die video haar man roep om die polisie te bel.

READ MORE: LISTEN: Jak de Priester’s “Hugo, bel die polisie” song goes viral

“Al wat op daardie stadium deur my kop gegaan het, is dat daar ’n kind in die kar is.”

“Dis onstellend. Kinders hoort nie in sulke omstandighede nie.”

Sy voel die video is nie nuuswaardig nie omdat sy die video geneem het om die agente te wys wat by die perseel aangaan en nie om mense te verneder nie.

“Dit is absurd dat die video so ’n groot storie geword het. Hugo sê die dat die video so viraal gegaan het, is die toppunt van kommin.”

Marthie sê sy het geen idee hoe die video op sosiale media beland het nie omdat sy die video net aan die eienaar van die huis en die agent gestuur het.

Sy verduidelik dat sy en Hugo aanvanklik gedink het as sy stilbly sou die stof gaan lê en die storie ou nuus word.

“Ek dink dit is tyd om aan te beweeg. Ek is jammer vir my aandeel in die video.”

“Dit pla my nie dat die video viraal gegaan het nie. As daar een ding is wat ek hoop, is dat my stem mense bewus sal maak oor watse vieslike uitwerking huishoudelike geweld vir almal betrokke inhou.”

Marthie sluit af, “Hugo het toe nie die polisie gebel nie”.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button