Leerders van Hoërskool Zwartkop se verhoogproduksie “Sonder” het onlangs uitstekend gevaar op die verhoog.
Die leerders moes alles self behartig: van die teks, regie, spel, tegniese aspekte en selfs fondsinsameling.
Matriekleerders Emma van der Walt en Donné Boshoff het die hoofrolle vertolk, Corné Landsberg (gr.11) het die beligting gedoen en Chané Lume (gr.12) en Diandra Slabbert (ook gr.11) moes vir die klank sorg.
Hul produksie het die streeksfinaal van die ATKV kompetisie gewen en deurgedring na die finaal in Stellenbosch.
Die leerders eindig eerste in die leerderproduksie-afdeling. Van der Walt en Boshoff word ook benoem as beste aktrises en Landsberg wen die afdeling as beste klankoperateur. Hulle eindig ook algeheel derde in die kompetisie.
Hulle neem ook deel aan die Aardklop/Pronkpodium se nasionale finaal in Potchefstroom. Hul produksie verwerf die eerste plek en hul wen die pryse vir beste aktrises, beste teks en beste regie.
Sonder is ‘n skets-komedie en gaan oor die frustrasies van die Hoërskool-kind.
Die leerders se droom is bewaarheid want hul kon skouers skuur met groot name in die bedryf.
Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
Rekord East
Rekord North
Rekord Centurion
Rekord Moot
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
