Hoërskool Zwartkop het onlangs ’n interhuis-byeenkoms aangebied.
Daar was 21 rekords gebreek, waarvan een so lank as 32 jaar gelede opgestel is.
Die volgende atlete het almal rekords verbeter:
– SW Nell verbeter die rekord van die o.19 110m hekkies item van 2003.
– Keagen Morehen breek die o.17 400m hekkies item rekord van 2000.
– Helgard du Toit verbeter die o.17 hoogspring rekord van 1999.
– Klarissa Engelbrecht het die o.14 1 500m rekord van laasjaar laat spat asook die rekord vir die o.14 800m item van 2016.
– Li-Mari Dekker het beide die rekords vir die o.15 1 500m (2000) en 3 000m (2019) vebeter.
– André Pieters breek die o.15 1500m rekord van 2000 en die 800m rekord van 1996.
– Luhandré Bronkhorst verbeter die o.14 800m rekord van 2019.
– Marlé Venter het o.15 diskusgooi rekord van 2014 laat spat.
– Leoni de Sousa Rossouw het die o.16 diskusgooi rekord van 2007 gebereek.
– Mckayla van der Westhuizen breek die o.16 Spiesgooi rekord van laasjaar.
– Thinus Oosthuizen het die o.14 gewigstoot rekord van 2004 verbeter
– Reinhardt Beyers het die o.14 100m hekkies rekord van 2016 gebreek.
– Annika Williams het beide die rekords vir die o.15 300m hekkies van 2003 en die 90m hekkies van 2007 vebeter.
– Deonné van Heerden reken af met die o.15 100m rekord van 1988.
– Ruan Clayton het beide die o.19 100m (1994) en die 200m (1998) rekords gewys wie is baas
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.