Local newsNewsSport

Vroue-rugby hoog op CRK se prioriteitslys

Vandag oefen 13 of meer spelers weekliks. Die belangstelling het stadig maar seker begin groei.

Vroue-rugby by die Centurion Rugbyklub (CRK) het groei sterk, dansky die toewyding van spelers sowel as ’n plaaslike afrigter.

“Ons het die die begin van die jaar met net vyf spelers begin,” vertel Burger Maritz, voorsitter van vroue-rugby by dié klub.

“Vandag oefen 13 of meer spelers weekliks. Die belangstelling het stadig maar seker begin groei. Die mans wou nie lekker aan dié idee byt nie, maar soos ons begin oefen het, hoe meer het die idee begin vlam vat,” sê Maritz.

Maritz het drie jaar terug ’n hartaanval gehad. Terwyl hy in die hospitaal aansterk, kry hy ’n WhatsApp-video van ’n groep vrouens wat rugby oefen.

Daar en dan het hy besluit om met vrouens te begin werk om hulle van die begin af die regte vaardighede aan te leer. Met sy siek lyf en al is hy daardie Saterdag klub toe.

LEES MEER: Steyn returns for Bulls in Super Rugby opener against Sharks

“Destyds was ek by die manne ook betrokke. Op ’n stadium moes ek die besluit gemaak het – óf die manne óf die vrouens. Ek het die vrouens gekies,” vertel Maritz.

“Hulle het so diep in my hart geklim. Die gees wat onder hulle heers, is soms vir my sterker as onder die mans. Dit is ’n ongelooflike klomp spelers bymekaar.”

Maritz se jongste speler het twee jaar terug met dié sport begin. Sy is g’n rabbedoe.

“Sy is nou eers 12 jaar oud. As jy haar van ’n afstand af sien, sal jy nooit dink sy weet hoe om ’n rugbybal aan te gee nie, maar as jy haar eers in aksie sien, sal jy twee keer dink.

“Sy is ’n klein ystertjie. As sy op die veld stap, speel sy haar hart uit.”

Maritz sê dat dit is soms makliker om met meisies te werk omdat hulle nog nie sekere gewoontes aangeleer het nie.

“Ek was aan die begin heeltemal teen vroue-rugby,” vertel hy.

LEES MEER: Pretoria Rugbyklub wil bou op sukses van 2019

“Ek het begin om die meisies te leer hoe om fisies te takel. Toe ek weer my oë uitvee vra die klub of ek die afrigter van die meisies sal wees.

“Ek is glad nie spyt oor my besluit nie. Die bloed loop en die sweet tap, maar hulle speel vir mekaar.”

Maritz, wat al 29 jaar rugby afrig, is ook die ondervoorsitter by die Blou Bulle Vroue-vereniging.

CRK beoog om ’n jeugklub onder die Blou Bulle in te skryf. Klubs van die weermag, Midrand en spelers van Johannesburg gaan saamsmelt en in ’n reeks meeding.

“Ek is opgewonde oor ’n hele paar van my spelers. Ten minste sal vier van my spelers vanjaar die provinsiale trui oor hulle koppe trek. As jy die volgende Jonah Lomu wil sien, kom woon gerus die rugby-oefening by,” sê hy.

Op Saterdag, 14 Maart bied die Blou Bulle ’n rugbykliniek en inligtingsdag of Loftus Versfeld se velde aan om belangstelling by vrouens te kweek. Voormalige Springbok asook sewesspelers sal die dag bywoon.

LEES MEER: Vroue-afrigter brei skoolseuns tot rugby kampioene

Maritz is lief vir die sport. Maak nie saak hoe groot, klein, lank of hoe kort ’n speler is nie. Rugby is vir ieder en elk.

“Rugby hou kinders van die strate en winkelsentrums af. ’n Dag op die rugbyveld hou hulle ure besig,” sê hy.

“’n Speler moet egter dié van my af weet. As jou akademiese punte nie op standaard is nie, hardloop jy nie in die volgende wedstryd op die veld nie. Dit is ’n groot motivering vir die spelers.

“Jy moet die wittrui verdien om daarin te kan uitdraf,” sluit hy af.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button