Local newsNews

Baba se dood op ‘nalatige polisie se hande’ – krisissentrum

Die Sinoville krisissentrum sê hul beraders het die beweerde verwaarlosing en beweerde mishandeling van vyf kinders by die Pretoria Noord polisiekantoor aangemeld.

Die Sinoville krisissentrum sê dat daar is nog geen ondersoek ingestel óf opgevolg, nadat hul beraders die beweerde verwaarlosing en beweerde mishandeling van vyf kinders by die Pretoria Noord polisiekantoor aangemeld het – sewe maande gelede.

“Gemeenskapslede het ons gekontak ná ’n een maand-oue baba se dood om na die omstandighede van die ander broers en susters te gaan omsien,” het Colleen Strauss, hoof uitvoerende beampte van die krisissentrum gesê. 

Strauss sê benewens die beweerde onnatuurlike dood van die baba, is daar ook bewerings van seksuele aanranding, kindermishandeling en ernstige kinderverwaarlosing wat by dié polisiekantoor oopgemaak is teen die biologiese ma en haar kêrel.

“Daar word beweer dat hulle slegs aanmaak pap kry het om snags te eet nadat hul gedurende die dag geen kos gehad het nie; hul word glad nie eens gebad nie,” verduidelik Strauss.

Die kinders het ook glo opgehou om skool toe te gaan nadat die skool die gesin by maatskaplike dienste aangemeld het.

Volgens Strauss, is die kinders na bewering geslaan as hulle te veel geëet het en moes hul bababoetie sedert sy geboorte oppas.

LEES MEER: Sinoville announces food support for elderly

“Pornografiese foto’s is na bewering ook van die kinders geneem en op ’n pornografiese webwerf geplaas.”

Die saak is op 15 November 2019 oopgemaak .

Volgens Strauss is daar nog geen verklarings tot hede deur die polisie geneem nie.

Die krisissentrum dring daarop aan dat die saak die nodige aandag kry.

“Die polisie het tot dusver geen verdere kontak met die klaer gehad nie en het geen verklarings van enige ander gemeenskapslede geneem nie. Hulle het ook nie seker gemaak dat assessering op die kinders gedoen word nie.”

“Dit is nóg ’n klassieke voorbeeld waar rolspelers in die kinderregstelsel, in hierdie geval die polisie se spesialis eenheid, kinderslagoffers in die steek laat,” sê Strauss.

Sy sê verder dat die krisissentrum herhaaldelik briewe aan die polisie geskryf het om te vra wanneer verklarings verkry sal word.

Strauss het gesê dat al hul navrae geïgnoreer word.

READ MORE: Sinoville flower vendor boasts new wheels

“Volgens die inligting wat die krisissentrum bekom het, was die ma en haar kêrel vantevore aangemeld, maar daar is geen rekord van sake wat geregistreer is, óf navrae deur polisie geopen is nie. Was ’n behoorlike ondersoek gedoen en daar was ingegryp, sou die babaseuntjie moontlik vandag nog geleef het,” het Strauss gesê.

Die krisissentrum eis dat die polisie ’n senior amptenaar aanwys om hierdie saak te ondersoek en verklarings te bekom.

Strauss sê dat van die kinders was aanvanklik in pleegsorg geplaas, maar is reeds na ’n ander kinderhuis verhuis.

Enige verdere inligting oor die biologiese pa is onbekend op hierdie stadium.

Rekord het sedert verlede week verskeie navrae aan die polisie gestuur wat teen druktyd steeds onbeantwoord was.

Read the English version here: North police blamed for neglecting child abuse case

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083 625 4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos
Rekord Noord
Rekord Centurion
Rekord Moot

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button