Local newsNews

Voortrekker Monument se toekoms lyk blink

Die ontwikkeling van aanlyn opvoedkundige programme en nuwe buitelug-aktiwiteite vorder goed en sal vroeg in 2021 weer beskikbaar wees.

Die bestuur van die Voortrekker Monument is tans besig om op ’n hele paar projekte te fokus nadat daar oor die afgelope agt maande “harde klippe gekou is”.

Dit sluit die ontwikkeling van buitelug-aktiwiteite en restaurantfasiliteite, die uitbreiding van opvoedkundige aanbiedings en energie-besparing in, volgens ’n verklaring van die bestuur.

“Dit is geen geheim dat hiérdie Afrikaner-erfenis én internasionale besienswaardigheid, soos duisende ander wêreldwyd, deur die korona-pandemie tot stilstand gebring is nie,” lees die verklaring.

“Die pandemie het die monument se planne egter nie in die wiele gery nie.

“Daar is enersyds veldtogte geloods om die onmiddellike gebrekkige kontantvloei aan te spreek en andersyds moes daar bespaar word.”

Die virtuele verkoop van die monument was seker een van die mees suksesvolste veldtogte en het tot dusver bykans R1,4-miljoen van die begrote R6-miljoen ingebring.

Die ondersteuning van Jan Publiek is ongelooflik en die bestuur het opnuut besef hoe belangrik die behoud van die monument is.

Met ’n waterrekening van gemiddeld R80 000 per maand behoort dié belegging voortaan groot voordeel vir die monument in te hou.

LEES MEER:Henrico Coetzer – SA musiekbedryf se nuwe sangsensasie

“Die Rapportryerbeweging het hierdie projek laat realiseer en beklemtoon weereens die ongelooflike steun wat die monument geniet.”

Die bestuur het ook reeds meer as ’n jaar gelede ondersoek na die installering van sonpanele geloods om die astronomiese elektrisiteitsrekening van ’n verdere gemiddelde R90 000 per maand te probeer verminder.

“Voortdurende kabeldiefstal in die omgewing en beurtkrag bring dikwels bedryfsaktiwiteite tot stilstand en veroorsaak bykomende uitgawes ten opsigte van diesel vir kragopwekkers en skade aan sekuriteitskameras en bedieners.

“Die droom om uiteindelik onafhanklik te kan werk, is deur ’n ongelooflike aanbod van Dagbreektrust moontlik gemaak.”

Deur die aanvangskapitaal vir die projek rentevry beskikbaar te stel, sal daar teen die einde van Desember 2020 voldoende sonkrag opgewek kan word om ’n ononderbroke bedryf te verseker en maandelikse besparings van ten minste R20 000 te bewerkstellig.

Dit sluit diesel-uitgawes en herstelkostes aan tegnologie uit.

Die ontwikkeling van aanlyn opvoedkundige programme en nuwe buitelug-aktiwiteite vorder goed en sal vroeg in 2021 weer beskikbaar wees.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button