Local newsNews

Moot-besigheid hou afsluitings-geleentheid ’n jaar na gewelddadige rooftog

"Genesing en gemoedsrus beteken nie dat post-dramatiese stres nie 'n werklikheid is nie, dit beteken dat ons nie sal toelaat dat die moordenaars 'n houvas op ons het nie."

’n Besigheid in Queenswood wat laas jaar ’n traumatiese en gewelddadige gewapende roof op 7 November 2019 beleef het, beplan ’n afsluitings-geleentheid hierdie Saterdag.

Daardie dag om 12:34 het almal wat die rooftog beleef het se lewens drasties verander toe een van Compuport in Cobham-laan se kliënte, Leon van der Merwe, in die kop doodgeskiet is.

Die afsluitingsgeleentheid “is ’n tyd om te onthou, ’n tyd om dankbaar te wees, ’n tyd om vrede te vind,” sê die eienaar, Coert Oberholzer, se vrou, Isabel.

Dokter Martiens Swart sal omstreeks 12:34 hierdie Saterdag met almal wat daardie dag die rooftog beleef het oor genesing en berusting kom gesels.

Isabel het Donderdag met Rekord oor dáárdie middag gesels.

Lees ook: Shot Moot business owner speaks

Op 7 November 2019 het drie mans wat soos “besigheidsmanne gelyk het”, verby Van der Merwe (wat op pad uit was) gestap toe hy opmerk dat die een verdagte ’n wapen uitruk.

Van der Merwe was ’n jare lange kliënt by Compuport en ’n bekende gesig in die Moot.

Coert, was agter in die besigheid toe hy die skoot hoor afgaan.

Terwyl hy vinnig na die voorkant van die besigheid beweeg het, het een van die verdagtes hom agtervolg en sy wapen op Coert gerig.

“Alles het so vinnig gebeur.

“In ’n kwessie van drie minute, het ’n koëel my man van agter getref. ’n Verdagte het vir Leon doodgeskiet en die ander verdagte is ook op die toneel dood verklaar,” vertel Isabel. Isabel sê dat Compuport se personeellede opgelei is en weet hoe om tydens ’n rooftog op te tree.

“Die klante wat in die besigheid was tydens die rooftog, was aangeraai om te gaan sit, nie enigsins oogkontak met die verdagtes te maak nie asook om te gee wat hulle soek.

“Die verdagtes was hardhandig en dit was ’n traumatiese ervaring vir ons almal gewees,” sê Isabel.

Dis toe dat die derde verdagte Coert in die rug skiet. Coert het dit reggekry om ook skote op een van die mans af te vuur wat later ook op die toneel dood verklaar is.

“Die verdagte wat vir Coert in die rug geskiet het, het ook een van Compuport se kliënte, Kobus, in die arm geskiet.”

Kobus en Coert het dié verdagte oorrompel en is later in hegtenis geneem. Een van die verdagtes het egter weggekom.

Strenger maatreëls is sedertdien by Compuport aangebring.

“Die verdagte in aanhouding het sedert die voorval vir parool aansoek gedoen,” sê Isabel.

Op 16 November doen die verdagte wéér vir parool aansoek.

Die saak het egter nog nie op die hofrol verskyn nie as gevolg van die pandemie wat die saak vertraag.

“Sodra die saak voorkom, sal ons in die hofbanke sit en hom in die oë staar.

“Ek is nie bang vir hom nie. Ek sal nie toelaat dat hy enigsins ’n houvas op my lewe het nie,” sê sy.

Lees ook: Eventful year in the Moot

“Ons sal nie toelaat dat dié man ons menswees beïnvloed of ons geluk bepaal nie,” sê sy.

Iets wat Isabel altyd sal bybly, is dat Leon die “gaafste, grootste gentleman” was wat sy al ooit teëgekom het.

“Ek onthou hom as iemand wat altyd met ’n glimlag op sy gesig rondgeloop het,” vertel Isabel.

Die dag van die voorval, het die gemeenskap ingegryp om die ander te ondersteun.

“Die hele straat (Cobham-laan) was vol van gemeenskapslede wat koeldrank en kospakkies aangedra het,” sê sy.

In November 2019, is ‘n kliënt van Compuport doodgeskiet en ‘n ander in die arm gewond in ’n rooftogpoging.

“Saterdag stap al hoe nader, en dit is waarom ons besluit het om ’n afsluitingsfunksie te hou.

“Genesing en gemoedsrus beteken nie dat post-traumatiese stres nie ’n werklikheid is nie, dit beteken dat ons nie sal toelaat dat die moordenaars ’n houvas op ons het nie,” sluit Isabel af. Compuport het vroeër vandeesmaand hul 20e bestaansjaar gevier.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114. For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button