Local newsNews

Moot-natuurbewaarder en liedjieskrywer benoem vir musiekprys

Truter is ‘n natuurbewaarder en grasuil-spesialis wat vir die laaste 13 jaar liedjies skryf.

Christelle Pauw-Truter, ’n 39-jarige inwoner van die Moot, is vir ’n Afri-Indie onafhanklike Suid-Afrikaanse toekenning benoem.

Dié mamma van twee, kan moontlik vir ’n toekenning vir beste nuweling liedjieskrywer vereer word.

Afri-Indie het onstaan om vir onafhanklike kunstenaars ook die geleentheid te gee om vir hulle musiek in aanmerking te kom.

Dit bied ook vir kunstenaars die geleentheid om bekendstelling in die bedryf te kry.

Truter is ’n natuurbewaarder en grasuil-spesialis wat vir die laaste 13 jaar liedjies skryf.

“Ek sing elke nou en dan, maar my kinders hou my vreeslik besig,” skerts sy.

“Ek het aan die begin van my loopbaan, vir ’n plaaslike Afrikaanse ‘rock-band’ geskryf.

“Die groep het later uitmekaar gespat.

Christelle Pauw-Truter. Foto: Verskaf

“Ek is daarna uitgenooi om Nashville, Tennessee toe te gaan om daar op te tree en van my liedjies op te neem,” vertel sy.

Die eerste Afri-indie-toekennings sou op 3 Maart vanjaar plaasgevind het, maar die gala-geleentheid moes weens die bestaande vlak-3-maatreëls tot ’n latere datum in die jaar uitgestel word.

Truter het die Grasuil-studiegroep in 2004 op die been gebring waar die groep op mikro-klimaatsveranderinge en hoe dit die uile se broeiseisoene beïnvloed, fokus.

“Dis baie stapwerk, en ek is erg afhanklik van vrywilligers om te help wanneer ons die opnames doen.

“Die Afri-Indie-toekennings bied vir ons ’n platform om ons kreatiwiteit vir die publiek daar buite voor te lê.”

Sy het twee dogters – onderskeidelik sewe en agt jaar oud.

Haar jongste sing en die ander een dans en het onlangs viool begin speel.

“Ek speel graag self kitaar, klavier, tromme, penniefluitjie, pan-, mond-, blok- en altfluit, orrel en ukulele.

“Hou hierdie spasie dop – een van die dae begin ek ook die saksofoon en viool beter leer ken.”

Truter is tans besig om haar eerste album op te neem.

’n Opname wat sy sommer by haar huis aanmekaar gesit het, hoop sy om teen Maart te kan opneem.

“Meeste van my goed is nog in rou formaat, omdat ek eerder skryf as sing,” vertel sy.

“Ons neem by Bacchus Nel op. Rynier Prins en Wynand Davel is my studio-musikante.

“Van my liedjies is op YouTube en sosiale media beskikbaar.”

Truter is in kompetisie met 55 ander kunstenaars wat in aanmerking vir hierdie toekenning kan kom, insluitend: Nadine Blom, Rudi Claase, Beeskraal, Martin Bester en Die Jaloersbokkies.

Die Afri-Indie-toekenning is ook te danke aan sangeres en aktrise, Rea le Roux. Sy het met die idee, om ’n musiekprys vir onafhanklike Suid-Afrikaanse kunstenaars vorendag gekom.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button