AdvertorialLifestyleNewsSponsored

Velsorg-horlosie: wat, wanneer … hoekom is die tydsberekening van jou velsorgroetine so belangrik?

Ons mag dalk dink dat ’n effektiewe velsorgroetine slegs gaan oor die regte produkte, maar in werklikheid gaan dit oor meer as net dit! ‘n Groot deel is afhanklik van die volgorde waarin die produkte gebruik word, asook wanneer dit aangewend word.

Die vel het verskillende funksies en dus ook behoeftes deur die dag en nag, en ons roetines moet hiervolgens aangepas word.

Jou perfekte velsorgroetine:

Soos genoem, dit is nie genoeg om slegs die regte produkte te gebruik nie, jy het ook nodig om dit in die korrekte volgorde aan te wend.

As die volgorde waarin jy jou produkte aanwend verkeerd is, bestaan daar ’n moontlikheid dat die voordele uitgekanselleer kan word.

Terapeute stel voor dat produkte aangewend word in orde van viskositeit. Die algemene reël is om met die dunste produk te begin (byvoorbeeld ’n serum) en te eindig by die dikste produk (dit sal gewoonlik jou vogroom en/of sonskerm wees). Dit laat die dunner produkte toe om eers jou vel te penetreer, voor die dikker produkte ’n beskermende lagie bo-op die vel los.

Wat is die ideale dagroetine?

Sommige produkte is meer geskik vir die dag as om dit in die nag te gebruik. Vir die dagroetine word die fokus geplaas op reiniging en hidrasie, asook om die vel te beskerm teen die son en besoedeling.

Die Wereld Gesondheids Organisasie waarsku dat binneshuise lugbesoedeling ’n groter gesondheidsrisiko inhou as die buitelug!

Dit beteken dat jou dagroetine ’n reiniger moet insluit, veral as jy in ag neem dat kieme, speeksel en olie van jou kopkussing jou gesondheid kan beïnvloed. Sluit ook ’n serum in. ’n Serum is ’n gekonsentreerde produk van aktiewe bestanddele wat die vel hidreer en herstel na jou vel gewas is. Laastens, voeg ’n oogserum of -room en ’n vogroom in, en sluit af met ’n sonskerm.

Gebruik hierdie produkte in die volgorde waarin dit genoem is.

Wat is die ideale nagroetine?

Jou aandroetine moet daarop fokus om grimering en onreinhede van die vel te verwyder, asook om vog terug te plaas in jou vel.

Jou reiniger word gebruik om enige grimering-oorskot asook vullis en sweet te verwyder wat op jou vel is na die dag. Hierdie stap sal help dat die aktiewe produkte die vel dan goed penetreer. As ’n ekstra en vir ’n hupstoot kan jy een of twee keer ’n week ’n afskilferingsproduk gebruik na jy jou vel gereinig het. 

Wend dan jou serum, oog- en vogroom aan. ‘n Aandvogroom het nie ’n SPF in nie, en is gewoonlik dikker as ’n dagroom om vogverlies deur die nag te verhoed.

Laastens, ’n oornagmasker kan een of twee keer ’n week aangewend word om die vel te voed, en om die velvoorkoms meer lewendig te laat.

Sekere velsorgprodukte is beter op spesifieke tye van die dag. Deur dit te weet, en toe te pas, kan jy die beste van jou roetine maak en jou vel die praatwerk laat doen.

Vir meer inligting rakende ’n geskikte produkte-reeks vir jou vel en behoeftes, kontak Skin Renewal vir ’n konsultasie met ’n opgeleide skoonheidsterapeut of dokter.  

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button