Local newsNews

Musieknuus vir Maart-maand

Die nuwe Afrikaanse treffers sal jou nie teleurstel nie.

’n Buitengewone liefdesverhaal vir Christiaan Baartman

In 2020 het die uiters talentvolle sanger, Christiaan Baartman, twee enkelsnitte, naamlik “My Vrou” en “Die Beste Deel”, vrygestel.

Beide hierdie liedjies is uiters goed deur radiostasies ontvang en pronk steeds landswyd op verskeie trefferparades.

Nou volg dié liedjieskrywer dit op met sy volgende enkelsnit, “Voor die Kerk”, ’n buitengewone liefdesverhaal vir daardie spesiale persoon in jou lewe.

Christiaan Baartman is die seun van ’n dominee en in sy jeug was daar ’n kêrel wat by sy suster kom aanklop het met sy Honda-motorfiets.

“My pa was natuurlik nie baie beïndruk met die knaap wat so met ’n 250cc-geraasmaker in die aande voor sy deur stop nie. Eintlik was dit op die einde ’n baie aangename knaap wat net in iets belanggestel het wat nie in die norm van die kerklewe geval het nie. En dít, was die inspirasie vir hierdie liefdeslied,” vertel Christiaan.

Die lied is in ’n “pop folk” styl vervaardig deur die talentvolle Jattie de Beer van Artistry Poductions en gemaak om mense se voete te laat jeuk. Sean Manley van Manley Studios was verantwoordelik vir die finale klankversorging.

Christiaan het teruggedink aan ’n buitegewone liefdesverhaal in ’n eenvoudiger tyd… en dit neergepen.

“Voor die Kerk” is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Laai dit hier af:

https://distrokid.com/hyperfollow/christiaanbaartman/voor-die-kerk

Andre Amant en Jolanda Becker se nuwe enkelsnit ‘Joune Vanaand’ nou beskikbaar

Die EDM-vervaardiger, Andre Amant, het onlangs saam met die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Jolanda Becker, die enkelsnit “Joune Vanaand” beskikbaar gestel.

Hierdie nuwe, opwindende enkelsnit is vrygestel op alle platforms op Donderdag, 4 Maart 2021.

Becker se veelsydige agtergrond van opera en pop tot rock, was die perfekte mengsel van invloede vir hierdie enkelsnit.

Jolanda het in 2020 haar eie solo album Muse uitgebring en dis toe dat Andre Amant besluit het om haar te vra om saam met hom te werk.

Andre, ook medeskrywer en baskitaarspeler in die Afrkaanse rockgroep, Held van Harte, werk uit Montana studios in Pretoria waar al sy skeppings lewe vind.

“Joune Vanaand” is ’n diep “house genre” snit wat gaan oor die soeke na passie en liefde. ’n Gepaste tema vir hierdie genre en ’n snit wat net so goed afgaan op die dansvloer as in die gym of by ’n braai.”

Skakel na mp3:

https://drive.google.com/file/d/1z-G7iD4wef_0oGSEI6DVUmrw5HDvas5A/view?usp=sharing

Die Voortrekkers gaan groot in 2021

Die Voortrekkers vier vanjaar hul 90e verjaarsdag. Om dié groot mylpaal te vier, is ’n spesiale feeslied “Die Spore wat ons los” pas bekendgestel. Die lied word gesing deur die baie gewilde en talentvolle Adam Tas.

“Dit is ’n baie groot voorreg vir my om dié lied te sing. Ek is ’n groot voorstander van om jou kinders te leer van die geskiedenis. Jy moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy op pad is.

“Ek was as kind ook ’n Voortrekker vir ’n paar jaar. Daarom is die voorreg om vandag oor dié jeugorganisasie se 90e bestaansjaar te sing, nog soveel groter vir my. (Die) Voortrekkers is in jou gegrond,” sê Adam.

Die lied is deur Johan Vorster, bekende liedjieskrywer, sanger en vervaardiger en sy mede-vennoot, Jacomien de Villiers, van Inhoud Huis Musiek, geskryf.

Met hierdie lied, bevestig Die Voortrekkers nie net die ononderbroke rol wat dié jeug-organisasie vandag nog speel nie, maar soek ook die verband met die verlede op deur erkenning te gee aan die spore van gister.

“Die lied is toekomsgerig, want ons storie word steeds in Afrika uitgekerf en die toekoms wink vir ons. Die lied bevestig die Voortrekkers se geloofsgrondslag, maar ook die Voortrekkerkarakter soos integriteit (’n Voortrekker se woord is sy eer), dade van durf en diensbaarheid.

“Die Spore wat ons Los” is beskikbaar op alle digitale platforms. Laai dit hier af: https://AdamTas.lnk.to/DieSporeWatOnsLos

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button