Local newsNews

Twee AfriForum Moot-takke smelt saam

"Die besluit het merendeels gegaan oor hoe ons die Moot as buurtwaglede op n beter manier kan ondersteun en as een gesig die gemeenskapslede kan dien."

AfriForum Sentraal-Moot en Oos-Moot takke het hierdie week aangekondig hulle saamgesmelt het en nou een tak vorm.

Voorsitter van AfriForum se Oos-Moot-buurtwag, Ruan du Plessis, sê dat hierdie besluit al November gemaak is.

Dit sal nou as die AfriForum Groter Moot-tak bekendstaan.

“Die eerste stap is dat daar voortaan net een takgroep sal wees,” vertel Du Plessis.

“Die besluit het merendeels gegaan oor hoe ons die Moot as buurtwaglede op ’n beter manier kan ondersteun en as een gesig die gemeenskapslede kan dien.

“Daar is sprake dat die AfriForum Wes-Moot ook eersdaags deel van die Groter Moot-gemeenskap gaan vorm,” sê Du Plessis.

AfriForum se plaaslike span het onlangs ’n skoonmaak-aksie geloods.

Dié span het elke middag vir ’n uur na werk, die stopstrate in Waverley geteiken om die area van enige misdaad te beveilig.

Hulle het ook die oorhang takke wat die padtekens verberg het gesnoei, en waar die gras die sig versper was ook opgeknap.

Die tak se ander spanne het die afgelope week hard gewerk om te verseker padveiligheid word aangespreek.

Gras op straathoeke en laaghangende takke is gesnoei.

“So ook het ’n buurtwaglid vir bystand gevra waar ’n verdagte persoon op sy perseel was.

“Terwyl die ander buurtwaglede op pad was na die toneel, het die buurtwaglid self die verdagte vir betreding in hegtenis geneem,” vertel hy.

“Sekuriteitslede en die polisie was ook vlugtig op die toneel en het die verdagte in hegtenis geneem.

“Dié verdagte is reeds verlede jaar Junie vir dieselfde oortreding in Lawsonlaan in Waverley gevang,” sê Du Plessis.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button