KYK: AfriForum Centurion spog met suksesvolle Veg en Bou week
"Voor die son opgekom het vanoggend was ons teer-span alreeds op pad na hul volgende taak waarvoor ons hulle gekontrakteur het. Op hulle pos en ons maak Centurion mooi,”
Indien iemand gedink het dat die privaat herstel van slaggate in jou omgewing onmoontlik is, bewys AfriForum Centurion almal nou verkeerd.
As deel van die tak se Veg en Bou Week, het die groep vrywilligers en hul kontrakteur al talle slaggate in Wierdapark, Eldo Park en The Reeds gevul.
Volgens André de Bruyn, voorsitter van die AfriForum Centurion-tak, word verskeie van Centurion se munisipale probleme deur inwoners op die Buurtbot aangemeld.


“Dis effektief want ons kan dan onmiddellik optree om die probleem op te los. Voor die son opgekom het vanoggend was ons teer-span alreeds op pad na hul volgende taak waarvoor ons hulle gekontrakteur het. Op hulle pos, en so ons maak Centurion mooi,” sê hy.
As deel van die Veg en Bou Week, het AfriForum Centurion en Laerskool Swartkop ’n ooreenkoms aangegaan om die organisasie se tweede herwinningspunt by die skool op te rig.


“Ons skenk die vyf slim-asblikke aan die skool ter waarde van R16 500 om ’n bydrae te lewer in ons gemeenskap. Die skool onderneem om herwinning deel te maak van hul leerplanne en so kry ons dit reg om ons voorstede skoner en veiliger te maak vir almal,” verduidelik De Bruyn.
“Daar is ook ’n groot finansiële voordeel vir die skool met die projek, waarvan hulle die voordeel geniet, in ruil vir die volle bestuur en verantwoordelikheid wat hulle aanvaar.
“Ons het spanne opgestel wat reeds baie suksesvol is met hul herwinningspunte en gratis, vir die liefde van die saak, hul kennis met ons en nuwe deelnemers deel. Baie dankie, Laerskool Swartkop dat julle bereid is om met ons hande te vat, ons glo die skool sal saam met ons ’n baie groot sukses maak van die projek,” sê De Bruyn verder.

Verder het die organisasie ook gras gesny tussen Osloweg and Broadway-suid, aangesien ’n inwoner van die area daar van sy besittings beroof is. Gras is ook by die Voortrekker Monument se amfiteater gesny.
De Bruyn sê daar is berge werk in die Centurion area wat dringend die groep se aandag vereis.
“Dit vat vyf minute om by AfriForum aan te sluit. Sodoende is jy deel van ’n gemeenskap wat self doen en ons gebiede oppas. Moet ook nie vergeet van die AfriForum Buurtbot nie,” sluit hy af.
Luister hier na Ds Gustav Opperman van Helpende Hand wat praat oor hoekom dit belangrik is om self probleme in die gemeenskap op te los:
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
