Local newsNews

Direksies vat hande om Voortrekkermonument se lot om te draai

Die finansies van die Voortrekkermonument het sedert 2017 met die daling van toerisme toenemend onder druk gekom en het as gevolg van die Covid-19-inperkings in 2020 verder versleg.

Die direksies van die Voortrekkermonument, Erfenisstigting en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) het ná omvattende gesprekke ’n samewerkingsooreenkoms gesluit.

Volgens die ooreenkoms, wat Donderdagaand tydens die ledevergadering goedgekeur is, vat die FAK, Voortrekkermonument en Erfenisstigting hande met ’n mandaat om ’n omdraaistrategie te implementeer.

Dr. Danie Langner is onlangs aangewys as uitvoerende hoof van die FAK, Voortrekkermonument en die Erfenisstigting.

Die finansies van die Voortrekkermonument het sedert 2017 met die daling van toerisme toenemend onder druk gekom en het as gevolg van die Covid-19-inperkings in 2020 verder versleg.

Die Voortrekkermonument het talle fondsinsamelingsprojekte geloods wat tydelike korttermyn finansiële verligting gebring het, maar nie volhoubare oplossings nie.

Die maandelikse begrotingstekorte het die Voortrekkermonument nou by ’n beslissende kruispad gebring.

Ná die FAK se stigting in 1929 is die Sentrale Volksmonumentekommissie vanuit die FAK gestig, wat die Voortrekkermonument gebou het.

In die tyd van nood het die FAK, met die ondersteuning van die Solidariteit Beweging, ’n historiese verantwoordelikheid om hande te vat en saam te werk aan konstruktiewe oplossings en ’n volhoubare sakemodel.

Volgens ds. Cassie Aucamp, voorsitter van die direksies van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting, is die samesprekings gevoer en die organisasies se lede en tydsomstandighede gevra dat Afrikaners moet saamwerk om die monument se situasie te stabiliseer en uit te bou.

“Deur samewerking kan kundigheid en kontinuïteit behou word terwyl die Voortrekkermonument as kulturele baken vir die nageslag behoue bly,” sê hy.

“Die alternatief dat die Voortrekkermonument as ’n verklaarde instelling aan die staat oorgegee word, sal nie net ’n aanklag teen Afrikaners wees dat hulle nie vir hul eie erfenis kan sorg nie, maar uiteindelik lei tot die verwaarlosing en vernietiging van die kosbare Afrikanerterrein.”

Aucamp sê by beide direksies is daar ’n diep verbintenis om die Voortrekkermonument as ’n kulturele tuiskompleks vir Afrikaners uit te bou en die Erfenisstigting as ’n veilige tuiste vir Afrikanerargiewe, historiese artefakte uit die Groot Trek en Anglo-Boereoorlog, sowel as ’n reuse genealogie-biblioteek en Africana-boeke te behou.

Die direksies is opgewonde oor die moontlikhede en nuwe horisonne wat deur noue samewerking, kulturele belyning en gedeelde bestuursdienste ontsluit word.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button