Local newsNews

Suid-Afrikaanse sanger en aktrise eersdaags in Pierneefteater

Shaw is in 2016 as een van die drie grootste Afrikaanse legendes van die laaste eeu aangewys.

Die Suid-Afrikaanse sanger en aktrise, Min Shaw, is eersdaags by die Pierneefteater in Mogg-laan in Villieria te siene.

Wilhelmina Jacoba van Blerk vier in Maart haar 60e-jaar in die vermaaklikheidsbedryf.

Haar vertoning is op Sondag 21 Maart in die teater.

Sy hou die rekord vir die meeste vroulike plateverkoper in Suid-Afrika met meer as 2.4 miljoen plate wat tussen 1961 en 2011 verkoop is.

Shaw is in 2016 as een van die drie grootste Afrikaanse legendes van die laaste eeu aangewys.

Die ander twee is Gé Korsten en Mimi Coertse.

Die Suid-Afrikaanse sanger en aktrise, Min Shaw, is vanjaar 60-jaar in die musiekbedryf. Foto: Die Suid-Afrikaanse legendesmuseum

Ter feesvieringe, skop sy haar 60 jaar in die bedryf in die Pierneefteater af.

Die konsert sal van haar grootste sekulêre en geestelike treffers soos “Jy is my liefling”, “Die Heidelied” en “Ek is baie lief vir jou” insluit.

Sy sal ook oor die volgende paar maande in die Kaap, Hartenbos en Port Elizabeth te sien wees.

Shaw het haar deurbraak in 1961 gemaak toe sy ’n kompetisie op radio gewen het.

Tussen 1961 en 2011 het sy meer as 70 albums opgeneem waarvan 40 van haar albums goue status bereik het, twee dubbel goud en drie platinum status.

Sy was onder andere ook in rolprente te sien.

Haar bekendste films is terloops dieselfde titels van haar bekendste en grootste treffers, “Hoor my lied” en “Jy is my liefling”.

In 2016 het Shaw haar nuutste opname en musiekvideo, “Gee haar ’n roos” saam met Shaun Mynhardt opgeneem.

In Februarie 2019 is haar lewensverhaal, “Sprokie van ’n liefling” vrygestel wat ook deur Mynhardt geskryf is.

“Om my 60e-jaar in die bedryf te vier wil ek graag saam met 20 van my grootste aangangers Israel besoek.

“Ek en Shaun is gevra om hierdie toer na Israel af te lê.

“Ons gaan na Israel, Petra en Egipte toe.

“Ek is sedert 1973 permanent in die Christelike sangbediening waar ek die woord van Jesus Christus deur my stem verkondig.

“Dit is my 47e-jaar in die Christelike sangbediening.

Haar lewensverhaal ‘Sprokie van ‘n liefling’ is in 2019 gepubliseer.

Dis landswyd in alle boekwinkels beskikbaar en dit is ’n pragtige, volkleur koffietafelboek.

In Januarie 2020 is sy as ’n lewende legende ingehuldig in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum.

’n Borsbeeld is ook van haar gemaak en sy het al haar toekennings en verhoogkostuums asook al haar plakboeke aan die legendesmuseum geskenk.

“Ek sien baie uit na die volgende paar maande van 2021 om my 60e-jaar in die bedryf te vier.

“Ek tree na die jaar uit, maar nie af nie,” vertel Shaw.

Videos

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button