90-jarige verkondig steeds die Woord van God
Ferreira kan nog agter die stuurwiel inklim en deel gereeld Bybels uit.
Die bejaardes van ’n aftreeoord in Riviera, het Sondag heerlik feesgevier met die herdenking van Sannie Ferreira se 90e verjaarsdag.
Ferreira woon al 11 jaar in Ons Tuis-aftreeoord in Riviera.
Sy was 53 jaar getroud toe haar gade in 2011 oorlede is.
Dié twee het mekaar in 1947 in Groblersdal ontmoet.
Ferreira vertel dat Willie gereeld op sy fiets na Marble Hall toe gery het om vir haar te kom kuier.
“Hy het altyd op Saterdae vir my kom kuier waar ons tot in die middernagtelike ure mekaar se geselskap geniet het.
“Dit was wonderlike jare gewees en ek sal daardie herinneringe saam met Willie vir altyd koester,” vertel Ferreira.
Later het hulle in Bloemhoff, Vanderbijlpark asook Rietondale gewoon voordat die twee by Ons Tuis kom nesskrop het.
Sy het vier kinders, vier kleinkinders en vier agterkleinkinders.
Haar familie het die dag op haar verjaarsdag saam met al Ferreira se vriende al te lekker by die tehuis gekuier.
Sy is al 35 jaar ’n lid van die Gideon-hulpgroep waar sy betrokke is.
Ferreira kan nog agter die stuurwiel inklim en deel op ’n gereelde basis Bybels uit.
“Ek ry altyd met Bybels in my motor rond sodat ek die woord van God kan verkondig.
“Behalwe vir dié goue geleenthede saam met my familie, lê die Gideon-hulpgroep my na aan die hart.
“Willie het ’n vervoerbesigheid besit en bedryf waar ek as sekretaresse vir hom gewerk het.”
Ferreira het in 2016 ’n heupvervanging ondergaan en kan sedertdien nie aan veel fisiese aktiwiteite by die aftreeoord deelneem nie.
In Februarie het dié tehuis ook ’n deftige ou dame, Tossie Gouws, se eeufeesvieringe gevier.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
