Local newsNews

Laerskool Bergsig vier 85e bestaansjaar

Die skool het in 1936 sy deure met net 84 leerders oopgemaak en vandag is daar oor die 670 leerders in die skool.

Laerskool Bergsig in Mountain View het verlede maand groot makietie gehou ter feesviering van hul 85e bestaansjaar.

Die leerders kon op dié dag met ’n interessante hoed by die skool opdaag.

Riekie Lategan wat deel van die skool se beheerliggaam is, sê dat die leerders en die personeel die feesvieringe terdeë geniet het.

“Dit is van soveel waarde om oor die agtergrond van die skool op te lees en te besef wat die geskiedenis agter die skool se bestaan is.

“Daar het groot opwinding tydens die dag geheers en elke leerder is met ’n koeldrank, ’n snytjie pizza en ’n lollie bederf,” vertel Lategan.

Willie Beneke is tans aan die stuur van sake by die skool.

Timoné Lategan. Foto: Verskaf

Dié skool het in 1936 sy deure met net 84 leerders oopgemaak met CA Jansen wat as die eerste hoof aangestel is. Vandag is daar oor die 670 leerders in die skool.

Die skool het eers as die Junior regeringskool Mountain View bekendgestaan.

’n Jaar later het die skool sy eerste klavier vir 23 pond en tien sjielings aangeskaf.

Tydens die ossewa-trek in 1938, het leerders aan die aangeleentheid deelgeneem. Die skool het die miniatuur-kakebeenwaentjie van die Hercules-gemeente gekry. Hierdie wa is tot en met vandag toe nog op die skoolterrein.

In 1939 is die skool se naam na Hercules Noordskool verander en het na 151 leerders toe gegroei.

Twee ekstra eiendomme is in 1942 gekoop vanweë die toename in leerdergetalle. Die windpomp verdwyn en die westelike terrasse word gebou.

In 1949 was daar 495 leerders in die skool. Net soos vandag het die skool ’n konsert gehou en 51 pond verdien wat destyds ’n hele paar rand werd was.

Gert Selela was as die skool se eerste algemene assistent in diens geneem.

In die sestigerjare het die aantal leerders steeds gegroei.

In 1967, is die skool se naam, soos wat dit vandag nog bekendstaan, na Laerskool Bergsig verander.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button