Local newsNews

Tweede wisseltrofee vir die netjiesste sypaadjie nou op die spel

“Dit was egter ’n gewik en geweeg gewees om ’n geskikte plek vir die trofee te kry sodat inwoners die trofee duidelik kan raaksien."

’n Inwoner van Capital Park, Markus Fourie, is in sy noppies met die dat die wisseltrofee vir die spoggerigste sypaadjie vandeesmaand voor sy erf in Van Heerdenstraat, nommer 18, staan.

Fourie en sy vrou Karin het verlede week ’n onverwagse besoek van Donne-Li Johnson, ’n huisagent van Real One Real Estate, gekry om hulle oor die nuus in te lig.

“Ons was uit die veld uit geslaan. My man was kinderlik opgewonde oor die nuus,” vertel Karin.

Karin noem verder dat haar man weekliks die koerant uit die posbus gaan haal om te kyk wie die afgelope maand se wenners is.

“Hy loer na die straatadres en soms ry hy om te kyk hoe die nuwe wenners van die maand se sypaadjies lyk,” skerts sy.

“Ek kan lekker vir my man lag, maar kyk hy is gedurig in die tuin besig – hetsy met die grassnyer of ’n tuinskêr.

“Solank hy net af en toe ’n koppie tee in die hand het, spandeer hy meeste van die tyd in die tuin.”

Sy sê dat hulle moeilik van die trofee gaan afskeid neem, omdat hulle so lank vir die toekenning gewag het.

“Ons het albei groen vingers.

“Dit is so lekker om in die middae by die huis aan te kom met die wete dat ons erf opgeknap is.”

Karin sê dat Capital Park ’n lekker area is om in te bly.

Markus Fourie en Real One Real Estate se Donne-Li Johnson. Foto: Verskaf

“Dit was egter ’n gewik en geweeg gewees om ’n geskikte plek vir die trofee te kry sodat inwoners die trofee duidelik kan raaksien.

“Ons wil ons mede-inwoners aanmoedig om moeite met hulle tuin te doen. Wie weet? Dalk staan die volgende wisseltrofee voor hulle erf.”

Die kompetisie word deur Caprra (Capital Park Residents and Ratepayers Association) en Real One Real Estate aangebied.

Daar is al ’n geruime tyd sprake dat ’n tweede wisseltrofee vir die netjiesste sypaadjie oorhandig gaan word.

“Die inisiatief gaan nou in Junie in werking tree.

“Die eerste wenner sal aan die begin van elke maand aangewys word en dan sal daar nóg ’n trofee aan die einde van die maand oorhandig word,” sê Johnson.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button