Local newsNews

Afrikaanse akteur Lieb Bester oorlede na stryd met virus

Lieb Bester het reeds verlede maand positief getoets vir Covid-19.

Rekord het met hartseer verneem dat bekende Afrikaanse akteur en musikant Lieb Bester (72) sy stryd teen Covid-19 verloor het.

Woensdagoggend is die nuus van sy heengaan op sosiale media gedeel. Op die Burre Burger Facebook-blad: “Oom Lieb Bester, oom was ‘n yster… Rus sag by Jesus se voete… Ons wou so graag partytjie saam gehou het by oom Gert…”

Wayne Basil Short skryf: “Nog ‘n legende groet ons… Oom Lieb Bester Rus in Vrede my oom mag God die familie toevou deur hierdie moeilike tyd!”

Nog hartseer boodskappe het ingestroom van Bester se aanhangers. Bester was bekend vir sy rol as Fritz Retief in kykNET se sepie, Villa Rosa.

Hy is ook bekend vir sy rol as senior superintendent George Lindeque in die TV-riller, Arsenaal, wat oorspronklik op SAUK2 uitgesaai is, en nog vele meer waarvoor aanhangers hom sal onthou.

*Kennisgewing: Koronavirus verslaggewing deur Caxton Local Media poog om fopnuus te kniehalter Beste leser, As jou plaaslike nuusverskaffer is dit ons plig om jou ingelig te hou van alle feite rakende COVID-19. Baie fopnuus doen die rondte aanlyn. Caxton Local Media werk gedetermineerd deur massas beskikbare inligting met die doel om waarheid van leuens te onderskei. Sodoende hou ons jou ingelig. Ons plaaslike nuuskantore volg ‘n streng protokol wanneer dit kom by nuuswerwing en publikasie. ‘n Nasionale taakspan is daargestel om seker te maak dat jy geloofwaardige nuus oor die koronavirus kry. Lesers met navrae of kommentaar kan ons nasionale groepredakteur, Irma Green (irma@caxton.co.za) of regsadviseur Helene Eloff (helene@caxton.co.za) kontak.

Do you have more information about the story? Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114. For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Back to top button