HTS Pretoria-Tuine kondig vanjaar se Tekkies Got Talent-kampioene aan
"Sjoe! Ons het geweldig baie videos ontvang en ons het met ons hande in ons hare gesit om te besluit wie na die finale rondes deurdring."
Mits jy ’n groot aanhanger van die immergewilde film, Step Up is, het jy egter nog nie HTS Pretoria-Tuine se matriekleerder Siphesihle Maseko in aksie gesien nie.
HTS Pretoria-Tuine bied jaarlikse ’n Tekkies Got Talent-kompetisie aan waar leerders die geleentheid het om ’n video-greep bymekaar te stel om hul vernuf ten toon te stel.
Hoewel die jaarlikse kompetisie nie voor ’n gehoor weens Covid-19-inperkingsmaatreëls kon plaasvind nie, moes die skool kreatief raak.
Die kultuurorganiseerder van HTS Pretoria-Tuine, Carla du Plessis, noem dat die leerders gek oor dié inisiatief is.

“Siphesihle se oudisie-video het ons as beoordeelaars uit die veld uit geslaan. Hy is ’n ongelooflike jong seun,” vertel sy.
Leerders moes ’n oudisie-video opneem waarna dit aan Du Plessis gestuur is.
“Daarna is die video’s op die kultuurkomitee se WhatsApp-groepe aangestuur waar ons die oudisies beoordeel het.
“Elkeen het ’n inset in die finaliste se oudisies gehad, maar op die ou end kon daar net drie wenners aangewys word,” sê sy.
Du Plessis noem dat dit geen maklike taak was om net drie wenners aan te wys nie.
“Sjoe! Ons het geweldig baie video’s ontvang en ons het met ons hande in ons hare gesit om te besluit wie na die finale rondes deurdring.”
LEES MEER: 17-year old Coetzé qualifies for World Short Course Champs in four items
Die videogrepe is ook op die skool se sosiale mediablad geplaas, waar die publiek ook ’n sê gehad het.
“Die publiek kon stem en so het ons ’n eerste, tweede en derde plekke aangekondig.”
’n Graad 10-leerder, Gert Vermaak het die tweede plek, met sy pragtige stem en kitaar in die hand beklee.

Die jongeling, Masego Sepheka se kontemporêre dans op die ritme van Christina Perri se “Human”, het haar die derde plek besorg. Haar video het oor die 1 000 kykers se aandag getrek.
Die wenners gaan egter die geleentheid hê om hulle vertonings op te voer tydens die skool se jaarlikse produksie, Aanlyn in Detox – ’n virtuele wêreld waar kinders hul Moses teëkom.
Die produksie vind Donderdag 14 en Vrydag 15 Oktober plaas.

“Kaartjies kan teen R50 by die skool aangekoop word. Ons moedig almal aan om die aand saam met ons te kom geniet. Dit is sowaar ’n hoogtepunt op ons skoolkalender,” sê Du Plessis.
Indien jy graag na die finaliste se video’s wil loer, volg die skakel na die skool se sosiale media: web.facebook.com/htstuineamptelik
Só lyk vanjaar se Tekkies Got Talent se kampioene:
– Eerste: Siphesihle Maseko (graad 12)
– Tweede: Gert Vermaak (graad 10)
– Derde: Masego Sepheka (graad 8)
* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.
As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.
Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.
Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
