Digbundel weer deel van Wilgie-tradisie
"Die gedigte is sonder beperkings geplaas en elke leerder het die geleenthied om uit hulle harte te kon skryf."
Hoërskool Die Wilgers, stel met trots hulle Afrikaans graad 11-leerders se eie digbundel, bekend.
Die pragtige omslag, van ’n vrou en ’n suikerbekkie, is deur Cara van Niekerk, óók ‘n graad 11-leerder, geverf.
Die bundel bevat meer as 100 gedigte wat deur die graad 11-leerders geskryf is.
Vakonderwyser, juffrou Marieke Buys, het ’n ou Wilgie-tradisie weer in die lewe geroep.
Sy noem dat sy self nog ’n Wilgie-Digbundel van 2009 het, wat Nel du Plooy saamgestel het.
Leerders kon oor enige onderwerp hul gedigte skryf.
Buys sê dat sy vir die leerders digterlike vryheid gegee het.
“Die gedigte is sonder beperkings geplaas en elke leerder het die geleenthied om uit hulle harte te kon skryf,” sê sy.
Hierdie pragstuk is beskikbaar per bestelling by die skool: hswilgers@hswilgers.co.za.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
