Local newsLocal sportNewsSport

15-jarige stoeier eersdaags in SA kampioenskappe in aksie

Die 15-jarige neem eersdaags aan die Suider-Afrikaans Intuthuko deel waar hy teen internasionale stoeiers op die mat te staan gaan kom.

’n Kranige stoeier, Lenerd van Schalkwyk (15) van Hoërskool Garsfontein het in Oktober sy dubbele Suid-Afrikaanse kluere in die vrystel- en presidente juniors afdelings verower.

Die 15-jarige neem eersdaags aan die Suider-Afrikaanse Intuthuko-kampioenskappe deel waar hy teen internasionale stoeiers op die mat te staan gaan kom.

Lenerd van Schalkwyk.

Die Suid-Afrikaanse stoei-federasie, in samewerking met die Verenigde Wêreld-stoei het die toernooi op die been gebring wat op Woensdag, 1 Desember by die Menlopark-stoeiklub aangebied word.

Hier sal Van Schalkwyk sy nasionale kadetkleure in stoei verower.

Hy het as vierjarige seuntjie reeds die sport begin beoefen onder leiding van sy pa, Gert, wat self Springbokkleure in hierdie sport verwerf het, en Marius le Roux.

Le Roux is self ’n stoeier wat groot hoogtes in die sport bereik het.

Deur die jare het Van Schalkwyk sy Noord-Gauteng-kleure verskeie kere verwerf.

Deur volharding en harde werk het hy op die ouderdom van 14 jaar, aan die begin van die jaar sy eerste kadetproewe in die onder 45kg-kategorie gewen en dus gekwalifiseer om Suid-Afrika te verteenwoordig op die Afrika-kampioenskappe in Marokko.

LEES MEER: Naka Bulle se Carltonbeker sukses ook hoofafrigter se triomf

As gevolg van die Covid-19-pandemie is die kampioenskappe noodgedwonge afgestel.

Van Schalkwyk het deur die jaar kliphard geoefen.

Tydens die Oktober-skoolvakansie, was hy in die SA-kampioenskappe by Social Da Madeira, Pretoria in aksie waar hy ’n goue medalje in albei sy afdelings, vrystyl presidente juniors (onder 51kg-kategorie) asook vrystyl vir o.15 in die 52kg-kategorie, om sy nek gehang het.

Lenerd saam met sy pa, Gert, wat hom ook afrig. Foto: Verskaf

Volgens sy pa is sy seun ’n baie gedissiplineerde sportman wat daagliks op sy eie oefen en sy eie oefenprogramme uitwerk.

“Op kleuterskool was daar aan Lenerd gevra wat hy eendag wil word as hy groot is, en sy antwoord was ’n stoeier,” sê Gert.

Sy rolmodel is die Olimpiese kampioen, Henry Cejudo, ’n Amerikaanse stoeier wat met baie uitdagings ’n kampioen geword het.

Sy droom is dat hy ook in die voetspore van sy rolmodel sal volg.

Video: 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button