Local newsLocal sportNewsSport

Twee van Wilgies in Blou Bulle se hoëprestasie program opgeneem

"Die seuns word op alle vlakke onder andere fiksheid, vaardighede en besluitneming binne 'n wedstryd-omgewing getoets."

Twee van Hoërskool Die Wilgers se o.15-rugbyspelers is onlangs in die finale groep van die Blou Bulle-hoëprestasie program opgeneem.

Caleb Klein en SP Schutte se harde werk regdeur die jaar is beloon.

Die doel van die Blou Bulle hoëprestasie-program, is om jong rugbyspelers wat sal baatvind by topgehalte afrigting deur die Blou Bulle skole-afrigters, te identifiseer.

LEES MEER: Rassie Erasmus suspended, SA Rugby heavily fined by World Rugby after controversial “Rassie Video”

Hierdie spelers word in hul o.15-jaar in ’n groep ter voorbereiding vir hul o.16-jaar opgeneem.

Die seuns is verseker van ontwikkeling en voorbereiding om op ’n hoër vlak te speel indien die geleentheid hulle voordoen.

Klein en Schutte staan ’n kans om volgende jaar Blou Bulle-kleure te verwerf.

Direkteur van sport by Wilgies, Emwee Arlow wat ook op die Blou Bulle-afrigtingsvereniging dien, sê die seuns word op verskeie vlakke gedurende die program getoets.

“Die seuns word op alle vlakke, onder andere fiksheid, vaardighede en besluitneming binne ’n wedstryd-omgewing getoets.

“Die finale groep ontvang intensiewe individuele aandag. Die kombinasie van skolerugby en dié program is vir die spelers van groot waarde.

“Elke speler het die uitdaging om deel van hierdie sisteem vir hul volle skoolloopbaan te bly. Geleenthede vir hoë vlak rugby na skool, hetsy by universiteite, klubrugby en selfs professionele rugby is vir hierdie seuns beskore,” sê Arlow.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button