Dreyer Campbell-byeenkoms lewer spogprestasies
“Die deelnemende skole het sterk kompetisie verskaf en dit was aangenaam om te sien dat goeie sportmangees geseëvier het.”
Hoërskool Waterkloof se Wesley Badenhorst is as die senior victor ludorum tydens die Dreyer Campbell-byeenkoms aangewys.
Dié o.16-atleet het ’n totaal van 910 ASA-punte vir sy 17.11m in die gewigstootput behaal asook 50.09m in diskus wat hom 869 ASA-punte in die sak gebring het.
So het hy ook die meeste ASA-punte deur ’n Hoërskool Waterkloof-atleet op die dag ingepalm.

Hoërskole Delmas, Rustenburg en Kempton Park het Vrydag die optog na Hoërskool Waterkloof aangedurf.
Die program is ietwat, met die dat ’n bui reën die byeenkoms gekortwiek het, uitgestel. Jean van den Berg,
’n o.14-atleet van Waterkloof, is na vore geroep nadat hy die junior victor ludorum-trofee omhoog gehou het vir sy prestasie in die diskus- en gewigstoot-item.

Van den Berg het ’n 49.40m met die skyfwerp gegooi wat ’n 844 ASA-punte werd was asook ’n totaal van 840 op die ASA-tabel vir sy afstand van 14.90m met die gewigstootbal.
Die Dreyer Campbell-spiesgooier trofee, is aan Dillon Prinsloo vir seuns o.19 van Hoërskool Waterkloof met ’n afstand van 54.93m oorhandig.
Dylan Immelman was tweede met 45.06m en die derde plek het ook aan Hoërskool Waterkloof se Keegan Booyse behoort nadat hy die spies 37.73m laat trek het.

Prinsloo het ook ’n silwermedalje in die verspringput behaal nadat hy 5.70m gespring het.
Hoërskool Waterkloof se atletiekdirekteur, Bonnie Joyce, sê dat dit weereens ’n voorreg was om hierdie byeenkoms aan te bied.
Lees ook: Garsies se prestige byeenkoms gee voorskou wat skole-atletiekseisoen kan oplewer
“Die deelnemende skole het sterk kompetisie verskaf en dit was aangenaam om te sien dat goeie sportmangees geseëvier het.”
Afrikaanse Hoër Meisie- en seunskool se atlete was by Hoërskool Nelspruit in aksie waar hulle aan ’n vriendskaplike byeenkoms deelgeneem het.
Hierdie Hoërskool Waterkloof-atlete het meer as 800 ASA-punte behaal:
– Chrystabel Davis (o.14), 100m: 12.70s (840)
– Cassidy Lacy (o.19), 100m: 12.30s (830); 200m: 25.60 (838)
– Natasha van Niekerk (o.17), 3 000m: 11:10.80 (818)
– Chantelle van Niekerk (o.17), 3 000m: 11:15.20 (813)
– Riane van den Berg (o.16), 400m-hekkies: 1:10.30 (802)
– Jean van den Berg (o.14), gewigstoot: 14.90m (840); diskus: 49.90m (844)
– Wesley Badenhorst (o.16), gewigstoot: 17.11m (910); diskus: 50.09m (869)
– Dale Arlow (o.17), gewigstoot: 16.60m (884) –
Jacques van Niekerk (o.15), diskus: 52.74m (873)
– Mia van den Berg (o.16), diskus: 37.67m (876).
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
