Menlopark se Aiden Smith spog met 1 000 ASA-punte in gewigstoot-item
Die atlete is Woensdag op pad na Noordheuwel vir die jaarlikse top-15-byeenkoms en daarna bied Menlopark hul jaarlikse prestige-byeenkoms aan.
Die room van die Twizza-superskole, Die Hoërskool Menlopark, Prestige Kollege en Helpmekaar se atlete, het Vrydag sake op die baan en veld op eersgenoemde uitgespook.
Dié byeenkoms was vir die uitdunne van die Twizza-superskole met die finaal wat op 19 Februarie by Ruimsig sal plaasvind.

Die dag het egter aan Aiden Smith van Menlopark behoort nadat hy 1 000 ASA-punte op die tabel vir seuns o.19-gewigstoot met ’n afstand van 19.44m losgegooi het.
Prestige se Precious Melope het 818 punte agter haar naam geskryf nadat sy die 100m-finaal vir meisies o.17 in ’n tyd van 12.71s voltooi het, gevolg deur Menlo se Erasel Boer in ’n tyd van 12.97s en Mia Uys in die derde plek met ’n tyd van 13.3s (745 punte), ook van Menlopark.

Mia het ’n eerste plek op die podium ingeneem met ’n tyd van 14.85s (840) in die 100m-hekkies-item.
Die finaal van die 200m het ook vir ’n groot naelbytstryd gesorg met Precious en Mia wat in mekaar se nekke geblaas het.
Uiteindelik was dit die meisie van Prestige wat met die louere weggestap het met ’n tyd van 25.12s (895 ASA-punte) en Mia wat die silwer verower het met ’n tyd van 26.50s (808).
Menlo se Ruan Oosthuizen het op sy beurt twee goue medaljes ingepalm vir seuns o.19 met ’n tyd van 21.95s in die 200m (801) asook 48.61s in die 400m wat hom 854 ASA-punte in die sak gebring het.

Sy top-item van die dag, was egter in die 400m-hekkies toe hy 901 ASA-punte behaal het met ’n tyd van 53.64s.
Die tuisspan se meisies o.16 het in die gewigstootput omtrent vir die topdrie plekke geswoeg en gesweet.
Al drie het oor die 900 ASA-punte behaal, maar Cellonika van den Berg het met ’n afstand van 15.95m (980) die goue medalje verower.
Sy het ook ’n tweede plek in die diskus-item met ’n afstand van 42.11m (942) behaal.
Sy het nog ’n goue medalje om haar nek gehang vir haar 41.60m in spiesgooi.
Menlo se atletiek-organiseerder, Lelanie van Wyk, sê hul atlete het ’n goeie wegspring teen die twee beste atletiekskole in die land gehad.

“Ons massadeelname het net weereens gewys dat ons skool ’n baie gesonde kultuur skep met die ontwikkeling van atlete.
“Ons sien baie uit na die res van die seisoen wat voorlê,” sê sy.
Die atlete is Woensdag op pad na Noordheuwel vir die jaarlikse top-15-byeenkoms en daarna bied Menlopark hul jaarlikse prestige-byeenkoms aan.

Hier volg nog Menlo-atlete wat die 800 ASA-punte verbygesteek het:
– Corlene Scheepers (o.16), 200m: 26.34s (828)
– Werner Bezuidenhout (o.16), 200m: 26.50s (808); 110m-hekkies: 14.28 (877)
– Zané Loots (o.15), 400m: 01:01.11 (823); 300m-hekkies: 46.65s (854)
– Charné de Wet (o.15), 400m: 01:01.35 (818); 800m: 2:22.11 (838)
– Rachel Schwulst (o.14), 800m: 2:26.93 (802)
– Kaitlyn van Rooyen (o.14), 800m: 2:26.93 (802)
– Carla van Wyk (o.19), 800m: 2:20.01 (842)
– Danté Raath (o.15), 1 500m: 4:22.30 (802)
– Johann Roelofse (o.16) 1 500m: 4:18.47 (808); 3 000m: 9:20.58 (837)
– Niel van der Merwe (o.19) 1 500m: 4:03.63 (857); 3 000m: 8:49.19 (889)
– Jasmen Peinaar (o.15), 3 000m: 10:40.66 (884)
– Chloë Pienaar (o.17), 3 000m, 10:32.34 (882)
– Mart-Marie Jordaan (o.17), 3 000m: 10:58.57 (843)
– Chantelle Theron (o.17), 3 000m: 11:24.08 (809)
– Hannes Louw (o.19), 3 000m: 9:13.50 (826)
– Elmé du Plessis (o.14), 90m-hekkies: 15.13 (813)
– Louis Uys (o.17), 400m-hekkies: 1:09.15 (808)
– Merlé Janse van Rensburg (o.14), gewigstoot: 12.39m (874); diskus: 37.84m (913)
– Ashlynn Nel (o.15), gewigstoot: 12.58m (867); diskus: 39.70m (942)
– Aiden Erasmus (o.16), gewigstoot: 17.83m (963); diskus: 57.17m (924)
– Leo van Wyk (o.16), gewigstoot: 15.41m (857)
– Alicia Khunou (o.16), gewigstoot: 15.59m (966); diskus: 44.30m (976)
– Savannah Visser (o.16), gewigstoot: 14.10m (911)
– Moné Streso (o.17), diskus: 36.09m (837)
– Tahila Viljoen (o.17), diskus: 34.40m (811)
– Lesedi Khunou (o.19), diskus: 47.73m (973)
– Wilmari Calitz (o.19), diskus: 36.65m (817)
– Steve Stoke (o.16), spiesgooi: 59.51m (815)
– Chalize Welgemoed (o.17), spiesgooi: 54.66m (894)
– Megan Erasmus (o.17), spiesgooi: 39.90m (805).
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
