Uitblinkers hou Menlopark se naam hoog by top-15-byeenkoms
Nie net staan die trofee vir die beste dogtersatleet van die dag in die skool se ingangsportaal nie, maar Menlopark het ook gesëevier met die dat hul atlete ook met die trofee vir die topskool teruggekeer het Pretoria toe.
Die o.16-uitblinker Alicia Khunou van Die Hoërskool Menlopark het haar wenreeks in die diskus en gewigstoot voortgesit.
Menlopark se atlete het Dinsdag aan die jaarlikse top-15-byeenkoms by Hoërskool Noordheuwel in Krugersdorp deelgeneem.
Nie net staan die trofee vir die beste dogtersatleet, asook veldatleet van die dag in die skool se ingangsportaal nie, maar Menlopark het ook seëgevier met dié dat hul atlete ook met die trofee vir die topskool teruggekeer het Pretoria toe.

Khunou het op die boonste trappie van die podium gepryk vir haar poging van 16.51m in die gewigstoot asook ’n goue medalje met die skyf in die hand van 46.64m. Hierdie afstande het haar 2 000 ASA-punte in die sak gebring.
Op die jongste Wêreld-atletiekuitslae, beklee ’n atleet van Australië tans die eerste plek in gewigstoot in die o.18-afdeling met 12.39m.
Aiden Smith (o.19) het vir die tweede agtereenvolgende byeenkoms, ook ’n 1 000 ASA-punte agter sy naam neergeskryf.

Tydens Menlopark se uitnodigingsbyeenkoms, het die maatband 19.44m in die gewigstoot gelees, maar in Krugersdorp het hy sy afstand verbeter met 19.47m.
Smith is na vore geroep om die trofee vir die beste veldatleet te ontvang.
Lees ook: Menlopark se Aiden Smith spog met 1 000 ASA-punte in gewigstoot-item
Werner Bezuidenhout (o.16), Ruan Oosthuizen (o.19), Johan Roelofse (o.19), Niel van der Merwe, Aidan Erasmus (o.15), Cellonika van den Berg en Savannah Visser het almal bo 900 ASA-punte in hul onderskeie items behaal.
Menlopark bied hierdie Vrydag hul 34e atletiekbyeenkoms aan waar 10 skole vir glorie sal meeding.

Meeste van Menlopark se medaljehouers, het die gewigstoot die botoon gevoer.
Hierdie atlete van Menlopark het oor die 800 ASA-punte behaal:
– Werner Bezuidenhout (o.16), 200m: 22.17s (824); 110m-hekkies: 13.69s (940)
– Ruan Oosthuizen (o.19), 400m: 46.86s (923); 400m-hekkies: 54.05s (876)
– Johan Roelofse (o.16), 1 500m: 4:14.99 (846), 3 000m: 9:05.21 (903)
– Niel van der Merwe (o.19), 1 500m: 4:02.97 (878); 3 000m: 8:23.41 (982)
– Cheo Pienaar (o.17), 3 000m: 10:49.93 (861)
– Erasel Boer (o.17), 100m-hekkies: 14.36s (877)
– Ashlynn Nell (o.15), gewigstoot: 12.99m (883); diskus: 36.37m (873)
– Aidan Erasmus (o.15), gewigstoot: 17m (926); diskus: 57.24m (925)
– Alicia Khunou (o.16), gewigstoot: 16.51m (1 000); diskus: 46.64m (1 000)
– Cellonika van den Berg (o.16), gewigstoot: 14.90m (940)
– Savannah Visser (o.17), gewigstoot: 15.74m, (957); spiesgooi: 41.72m (834)
– Lesedi Khunou (o.19), gewigstoot: 12.38m (878); diskus: 46.15m (950)
– Aiden Smith (o.19), gewigstoot: 19.47m (1 000)
– Marlé Janse van Rensburg (o.14), diskus: 36.66m (894).
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
