Ontmoet SA se eie 13-jarige monstertrokdrywer van HTS John Vorster
Lang ure se werk saam met sy pa, het ook iets in Stephan aangewakker en so het die monstertrokgogga hom ook gebyt.
’n Graad 8-leerder van HTS John Vorster het onlangs vir die eerste keer agter die stuurwiel van ’n Carnage-monstertrok ingeklim.
Dit is nie alledaags dat ’n 13-jarige sommer homself in ’n ses-ton trok wat 4.2m van die grond af staan, se stoel gemaklik maak om oor karwrakke die trok in die lug in te stuur nie.
Stephan Nel se pa, Phillip, het ongeveer in 2005, SA Monstertrok se eerste rooi ‘Goliath’ gebou van ’n padwaardige Landrover Discovery 2 met ’n BMW V12-motor in.
Carnage, die ses-ton swart monstertrok, met die Chev V8-motor in, het nie lank daarna by die span aangesluit nie.
Stephan het die laaste paar jaar al hoe meer die monstertrokke bestuur.
Lang ure se werk saam met sy pa, het ook iets in Stephan aangewakker en so het die monstertrokgogga hom ook gebyt.
Sy ouers is geweldig trots op hulle seun wat op hierdie ouderdom so iets vermag het.
“Die verskil tussen wat ons doen en wat die oorsese monstertrokke doen, is dat ons nie sandwalle en opritte het om die trok die lug in te stuur met spronge en wrakke trap nie. Ons ry volstoom in die wrak vas wat dan die monstertrok die lug in stuur.
“Ons was verstom met wat Stephan vermag het. Daar was trane van blydskap,” sê sy ma, Karin.
Phillip en Stephan is tans besig om vir Stephan sy eie monstertrok te bou.
“Ongelukkig is monstertrokke nie ’n [erkende] sport in Suid-Afrika nie en moet die onderdele self vervaardig of gebou word, of vanaf oorsee ingevoer word. Dit is dus nie iets wat sommer gou-gou aanmekaar geslaan word nie.
“Ons seun is seker een van die jongste monstertrokdrywers in die wêreld,” sê Karin.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

